Tuis | Nuus

Wyk 52 tussen verkiesing 13 Augustus 2014

Op die 21 Junie 2014 het BMWCID 地 skrywe aan die Tshwane Metro gerig. In die skrywe maak BMWCID namens die gemeenskap van ons area, str駭g kapsie teen die aanstootlike advertensieborde, wat tydens daardie week, as paaladvertensies in Fratesweg verskyn het.

Read more...

 

Die een minuut is jou kind nog by jou, die volgende oomblik, is hy weg. Enige ouer se grootste nagmerrie... Om nie te weet waar jou kind is, of wat met hom gebeur nie. Baie van ons is bewus van die tweeling wat byna ontvoer is uit 地 apteek in Montana. Dit gebeur daagliks, ook in ons eie omgewing! Is ons paraat genoeg? Is ons wakker en oplettend? Weet ons hoe om sulke tragiese situasies te voorkom?

Read more...

 

1 week - 2 sentrums!

Binne een week was daar twee gewapende rooftogte in twee onderskeie winkelsentrums, sommer hier op ons voorstoep.

Read more...

 

Tieners en Dwelms in die Moot

BMWCID is in die proses om meer lig te werp op die dwelmkewssie in die Moot. Ds. Jaco Strydom is 地 man wat woon in ons omgewing. Ds. Jaco dra 2 baatjies; hy is leraar by NG-kerk Villieria, asook die Hoof Uitvoerende Beampte van Echo Jeug Ontwikkeling. Hy maak sy pragtige meisiekinders hier in ons Moot groot. Daar is weinig mense op straat en in ons kerke wat so op op hoogte is van die dwelmprobleme in ons eie area en die groter Pretoria. Jy kan meer lees oor Echo by www.echoyouth.co.za

Read more...

 

Moenie koue voete kry nie!

PEN (Participate, Empower and Navigate) is 地 nie-winsgewende, evangelisasie organisasie wat die mense in die middestad van Pretoria bedien met die goeie nuus van Jesus Christus. PEN reik uit na die haweloses in ons stad deur die voorsiening van 地 verskeidenheid programme. Die O Hamba Nami projek voorsien sosiale- en psigologiese dienste, asook sosiale- en lae-koste behuising. Die Sediba Hope Kliniek en sosiale sentrum voorsien mediese dienste asook in basiese behoeftes soos kos, klere en 地 plek om persoonlik te ontwikkel. PEN het ook 2 kleuterskole en 3 huise van veiligheid. Die PEN Jeug bediening reik uit na jong kinders en tieners vanuit die Bronberg kampus in Sunnyside (NG Bronberg perseel) dit is ook die tuiste van die Ignite Education Centre, wat fokus op rekenaargesteunde onderrig en lees programme. U kan gerus meer lees oor PEN se doen-en-late op hul webwerf by www.pen.org.za. U kan daar ook meer inligting kry oor hoe u PEN kan ondersteun, en hoe u kan voordeel trek uit PEN se BBEEE en 18A status. Lees gerus hierdie hartroerende stuk wat Dr. Marinda van Niekerk, PEN se Hoof Uitvoerende Beampte, hierdie week gepubliseer het op www.pen.org.za.

Read more...

 
More Articles...