Tuis | Nuus

Villieria SAPD: mandeladag, kom saam ons!

Datum: 23 Junie 2017  |  Tyd: 09:00  |  Plek: Via Nova, Transvalia en Sonitus Skole

SAPD Villieria, Laerskool Villieria, Hoër Tegniese skool John Voster, SAPD Vroue Netwerk, Kantoor van die Uitvoerende Raad en Sanlam wil vanjaar vir Mandeladag vieringe na Via Nova (700 studente), Transvalia (400 studente) en Sonitus (400 studente) skole uitreik.

Hierdie skole is vir leerlinge met epilepsie en verskillende gestremdhede. Sommige van die kinders kom van die kindershuise in ons omgewing en ook vanuit ons gemeenskap.

Die volgende behoeftes is geidentifiseer:

 

  • 5 Olieverhitters per skool
  • ’n Klein kniekombers vir elke leerling
  • ’n Potloodsak met pen, uitveer, potlood, skerpmaker. en inkleurpotlode
  • Ook droë bestanddele, kos word daaglikse voorsien.

 

Maar wil soveel skryfbehoeftes, kos, klere en komberse skenk as moontlik. Dit sal by die skool gehou word vir kinders wat dit benodig.

Dui asseblief aan hoeveel mense u bring vir die oorhandiging, skenkings kan by SAPD Villieria afgelewer word. Saam maak ons ‘n verskil!

 

Villieria GPF Ope Vergadering

Datum: 31 Mei 2017 | Tyd: 19:00 tot 20:00 | Plek: Villieria polisiestasie | wie: almal in Villieria distrik 

Read more...

 

Moot patrolleerders skerp op

GPF Moot: Die mense van GPF Moot is aan die gang, maar kry darrem ook tyd vir opskerp met opleiding

Soos almal weet is die Moot SAPD area se misdaad die laagste in Pretoria.  Dit word slegs behaal deur gemeenskap betrokkenheid en harde werk deur ons getroue lede in blou.

Daarom het ons dit goed gedink om ‘n baie goed beplande opleidingstuk bymekaar te sit en al ons patrolleerders weer op te lei, om sodoende te verseker dat hulle voldoen aan alle kriteria wat vereis word van ‘n goeie patrolleerder.

Ons het verskeie spesialiste gehad wat die opleiding aangebied het:

Kapt Anton Breedt – Media hoof van die Moot SAPD het die gemeenskap toegespreek oor die plaas van berigte oor misdaad-verwante aangeleenthede.  Dit is baie belangrik om nie inkriminerende berigte te plaas oor enige persoon nie, al het die persoon oortree.  Dit word dan

Ook gladnie toegelaat om enige fotos van misdaad asook ongelukstonele te neem nie. Hierdie inligting word weer versprei en kan ‘n saak wat voor die hope moet dien baie nadelig beinvloed.

Elsabe van Staden – GPF Voorsitter het die gehoor toegespreek oor openbare plasings van inligting op “Zello” en dan ook op whats app boodskappe – Dis baie belangrik om te weet wie die persoon is wat jy op enige van hierdie groepe byvoeg.  Daarom is dit baie belangrik om baie betroubare persone te gebruik as moderators om sodoende hierdie mense noukeurig dop te hou en seker te maak dat die inligting geplaas word, betroubare inligting is.

Tommie Louw – Hy is dan ook hoof moderator van Moot crime Prevention Forum.  Dit is seker een van die mees suksesvolle Zello groepe om misdaad te monitor en te bekamp.  Alle gespesialiseerde dienste is dan ook deel van die groep en sodoende is hulp altyd beskikbaar.

Hy is ook baie streng met die plasing van inligting.  Alle inligting op hierdie groepe moet eerstehandse inligting wees en mag glad nie plasings van ander bronne wees nie.  Hy is dan ook “n oud-Kaptein van die SAPD en daarom het hy die gedeelte van die opleiding wat radio-etiek insluit, behartig.

A/O Lood Jonker – Hy het die patrolleerders ingelig oor die bewaring van ‘n misdaad toneel.  Baie sake word in die howe as korrup beskou as gevolg van die feit dat die misdaad tonele nie met omsigtigheid hanteer word nie.  Baie waardevolle inligting is hier gedeel met die gemeenskap.

Fransua van Staden – ‘n Gekwalifiseerde paramedikus werksaam by een van ons rolspelers Netcare 911.  Hy het die mediese kant van ons opleiding hanteer.  Dit is so belangrik om die korrekte inligting deur te gee na beheerkamers in geval van ‘n ongeval.  Dit is ook baie belangrik om bakens te verskaf en dan ook waar moontlik die noodpersoneel in die pad in te wag sodat daar nie belangrike tyd verlore gaan nie.

Oos van Niekerk – Hy het die gedeelte oor vuurwapens hanteer.  Die korrekte gebruik en ook wanneer ‘n vuurwapen gebruik mag word en wanneer nie.  Hierdie is ‘n gespesialiseerde kenner in sy veld en daarom was sy inligting baie insiggewend.

Gerhard Hildebrand het ons ingelig oor Afriforum se werksaamhede.  SAPD en Afriforum het nou hande gevat daarom is dit ook vir ons belangrik om die strukture waarin hulle opereer, te verstaan.

Alle patrolleerders is dan ook onderhewig aan ‘n gedragskode en by die ondertekenwing van hierdie gedragskode en die suksesvolle voltooiing van die kursus mag ons dan die patrolleerders met gemoedsrus toelaat om ons reeds veilige buurt soveel veiliger te maak.  Ons patrolleerders is nog steeds slegs die oe en ore van ons baie suksesvolle lede in blou en reageer slegs op hulle aandrang.

 

Dakar

Hier tussen ons is daar ’n ridder wat soos die skim deur die strate van die Moot beweeg en huisrowers wat oor die berg oppereer op sy ysterperd soos verlore skape aankeer. Of hy is waarskynlik op die stert van ’n gesteelde motorkar, in ’n hoë-spoed agtervolging van motordiewe, oor spoedkalmering, om verkeersirkels, en deur kruisings, teister hy die booswigte tot in die hande van gewoonlik die blitspatrollie in. Meeste ken die ridder op die F650GS motorfiets as Dakar. MootGi het bietjie met hom gesels.

Read more...

 

3... per kilometer!

Nee, dit is nie die pertol verbruik van ’n motorkar nie. Dit is hoeveel bybels Hendrik van der Westhuizen graag sal wil los hardloop op 4 Junie, wanneer hy deelneem aan sy 6de Comrades Marathon. Hy mik om R15000 in te samel, wat hom dus 3 bybels p/km sal gee.

Read more...

 
More Articles...