Tuis | Nuus

Droogte-sorg vir jou rose

Die Roos Dokter, of te wel Carl Coetzee, het 36 jaar ondervinding in die kweek en bestuur van rose. Vir 20 jaar was dit sy stokperdjie. Iin dié tyd het hy aan talle roosuitstallings deelgeneem en verskeie pryse en trofeë verower. Vir die afgelope 16 jaar het hy, Ludwigs Soleil Snyrose, in Pretoria Oos bestuur. Carl en Ludwig Tashner, deel nie net ’n passie vir rose nie, maar hulle is ook al hegte vriende vir 37 jaar. Carl gee raad oor hoe om jou rose en ander struike te versorg in hierdie huidige droogte.

In hierdie huidige droë tyd, bekommer baie mense hulle nie net oor die skoonveld en setperke (grasperke) in hul voortuine nie, baie is ook besorg oor die lot van die plante in hul tuin en die uitwerking van die verskriklike hitte en droogte op hul harde werk, pamperlang en die finansiële en tyd insette.

Of jy nou sentimenteel is oor jou tuin, ’n fanatikus is, en of jy jou slegs bekommer oor jou tuin weens die invloed wat dit op jou eiendom se waardasie mag hê, jy sal baat daarby om kennis te neem van die finansiële implikasies — in die vorm van boetes — om die heersende waterbeperkings te ignoreer. Die hitte en droogte, in kombinasie met aktiewe waterbeperkings in Tshwane en meeste van Gauteng, gaan die uithouvermoë van plante tot die uiterste toets.

Deur ’n klompie basiese dinge te doen, en die raad van jou ouma en oupa te volg, kan jy vêr gaan om jou tuin in hierdie uiterste toestande te help. Baie mense is opsoek en gefokus op kitsbevrediging in die lewe, en ook in die tuin. My persoonlike opinie — as dit kom by jou tuin — is dat ons teveel water en kunsmis vir ons plante gee, en maak op so manier “sussies van hulle”.

Hier volg ’n paar wenke om water en kunsmis te spaar:

Die grond

Het jou grond  miskien  gekompakteer? As jy nie ’n spitvurk diep in die grond kan druk nie, is dit gekompakteer. Die grond het dan sy vermoë om water af te voer na die wortels verloor. Daar is ook nie klein lugholtes of organiese middels in die grond wat die water kan stoor vir die wortels nie. Om dit te oorkom moet jy organiese middels in die grond inwerk, tot die diepte van ’n spitvurk. Organiese middels wat gebruik kan word is kompos, bas, en grondboontjiedoppe. Spit dit diep in, om die plant — maar probeer om die plant nie los te maak nie.

Molom (Mulch)

Dit is ’n organiese kombers op die grond, wat die grond klam en nat hou. Enige organiese materiaal kan gebruik word by voorbeeld bas, grondboontjiedoppe, stalstrooi, gekapte veldgras, dennenaalde, en nog vele. Dit is nie raadsaam om kompos te gebruik nie, want dit is kos vir die plante, en die wortels sal boontoe groei om die kos te kry, en wanneer die kompos afgebreek het, sal die wortels blootgestel word aan die son. Die Molom moet op die grond geplaas word tot ’n diepte van 4 tot 5cm. Hou die materiaal weg van die stam van die plant af, want dit kan ’n swam infeksie veroorsaak.

Dammetjies

Dammetjies om die plant. Dit klink oudmodies, en ek persoonlik hou nie daarvan nie. Maar dit werk! Dit is hoe ons oumas toentertyd die plante aan die groei gehou het op die plase. Onthou om die dammetjie ook met Molom te bedek. Maak ’n dammetjie om die plant groot genoeg om ’n 15 tot 20 liter emmer water te kan hou. Vul die dam elke 2de of 3de dag op met water, en so sal jou plante die droogte weerstaan.

Kunsmis

Hoe meer kunsmis jy toedien, hoe meer water moet jy gee. Die kunsmis stimuleer groei, groei verg water om aan die gang te bly. Verleng die tydperk tussen die toedien van kunsmis. Laat jou plant amper in ’n slaapsiklus gaan, wat beteken dat die plante minder water en kos sal benodig. Maak seker dat jy die kunsmis toedien net voordat jy water gee.

The Rose Doctor | Carl Coetzee | 0832474688 | This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

Spaar water!

Suid-Afrika word aangemoedig om water te bespaar en om water spaarsamig te gebruik as gevolg van die groot druk vanweë die droogte.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het in ’n verklaring gesê dat die land laer as normale reënval ervaar hierdie seisoen. Die konstante hoë temperature en die gebrek aan reënval plaas groot spanning op Rand Water se watervoorsieningstelsel.

Die waterbeperkings, reeds in effek, sluit in dat jy nie jou tuin met tuinslange of ’n besproeiingstelsel tussen 06:00-18:00 mag natlei nie. Die was voertuie met tuinslange en die vul van swembaddens is ook verbode.

Volgens Rand Water sal strenger waterbeperkings geïmplimenteer word indien die huidige waterbeperkings nie nagekom word nie. Boonop het die VN gesê hulle verwag dat 3,4 miljard mense teen 2025 sal woon in lande wat gedefinieer word as waterskaars. Wanneer water skaars is, word mense gedwing om besoedelde water te gebruik.

Die belangrikste en dringendste ding om te doen is om ons houding teenoor hierdie uiters desperate en belangrike kwessie te verander. Wanneer jy, of die tuinjong wat vir jou werk, jóú plaveisel met ’n “rivier” tuinslangwater afspuit, moet jy jouself gaan ondersoek.

Daar is so baie wat ons as individue kan doen om water te bewaar. Saam sal ons voorspraak en bewarings pogings nie net ons maandelikse waterrekeninge verminder nie, en help om die huidige waterkrisis te verlig nie, maar sal op die lang duur vêr gaan om hierdie groeiende probleem teen te staan.

Hier volg ’n lys van praktiese voorstelle om water te bespaar... nie net as gevolg van waterbeperkings nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen.

Hier is die top punte:

 

  1. Moenie die kraan onnodig laat hardloop nie. Wanneer jy jou gesig wil was en jy wag vir die kraan om warm te word, gebruik dan die aanvanklike koel water om jou tande te borsel, en dan was jou gesig daarna wanneer die water warm is.
  2. Kies en gebruik jou toestelle oordeelkundig. Gebruik Energie-Ster toestelle waar moontlik en gebruik dit altyd teen volle kapasiteit. Kies ekonomie stellings en moenie die skottelgoedwasser halfvol laat loop nie.
  3. Moet nooit water weggooi nie. As jy te veel water uitgooi in jou glas, gebruik dit. Gooi die oorskot in jou hond se waterbak, maak ’n plant nat, of gooi dit in jou ketel.
  4. Herstel waterlekke in toilette. Die klank is nie net irriterend nie, dit mors ook baie water. Lekkasies kan dikwels herstel word deur geringe verstellings.
  5. Installeer ’n dubbel-spoel stelsel in jou toilet, en moenie dit meer spoel as wat nodig is nie. Gelukkig is die omskakeling van jou toilet na ’n dubbel-spoel stelsel is makliker as ooit, danksy produkte soos die Tap—n-Flush. Dit is ’n baie maklike installasie, en betaal homself af in super vinnig water besparings. Indien jy nie toegang het tot produkte soos die Tap-n-flush nie, kan jy altyd hierdie toilettenksak installeer... dit sal die hoeveelheid water wat gebruik word elke keer as jy spoel verminder.
  6. Herstel druppende krane deur die rubber seëls te vervang. ’n Kraan wat drup teen ’n koers van een druppel per sekonde, sal 2700 liter per jaar mors.
  7. Installeer op elke kraan in jou huis ’n kraanbelugter. Kraanbelugters is die kort stukkie hardeware wat skroef op die eindpunt van die kraan. Belugters is baie doeltreffend en kan vloei verminder met 1,5 liter per minuut of meer.So spaar jy Rande en baie water.
  8. Kort jou stortbad in! Installeer waterbesparende stortkoppe wat jou watergebruik drasties sal inkort. So kan jy jou stort watergebruik met 20% tot 60% verminder.
  9. Let op na die water voetspoor van jou dieet. Sommige kossoorte benodig baie meer water vir groei. Volgens WaterFootprint, neem dit
  10. 140 liter water om net een koppie koffie te maak,
  11. 1000 liter om een ??liter melk te maak,
  12. 16000 liter om 1 kilogram beesvleis te maak.

 

Kyk gerus na hierdie aanlyn watervoetspoorrekenaar om te sien hoeveel water ’n paar algemene voedsel soorte benodig vir produksie en groei. Dieselfde beginsels geld vir die vermindering van die koolstofvoetspoor van jou dieet — eet plaaslik vervaardigde kos; eet organiese kos; eet minder vleis — is oor die algemeen dieselfde beginsels vir die vermindering van jou watervoetspoor.

Installeer ’n reënwateroesdrom. Wanneer dit reën, selfs net ’n bietjie, kan jy reënwater wat op jou dak val en afloop oes en stoor om jou tuin mee nat te maak.

 

Katgriep broei in Pta uit!

Is jou honde teen die Parvo virus, of te wel, Katgriep in geent? Spaar jou eie diere en ook die van jou bure en ander in jou gemeenskap, deur jou diere in te ent. Lees gerrus hierdie artikel uit Rekord-moot wat die probleem en kostes van niks doen nie bespreek.

Kenners waarsku dat honde parvovirus aan die styg kan wees in Pretoria.

Volgens Marinell Breytenbach, ‘n veearts by Onderstepoort Akademiese Hospitaal, sê sy het onlangs meer baba hondjies wat deur die virus besmet is gesien.

Parvovirus is ‘n uiters aansteeklike siekte wat versprei na ander honde deur kontak met besmette hondemis.

Dit val die hond se witbloedselle en ingewande aan wat lei tot ‘n verlies van eetlus en braking. Indien die hond nie behandel word nie, kan dit tot die hond se dood lei.

Ander simptome is anoreksie, bloederige diarree, ontwatering en lusteloosheid.

Breytenbach het gesê daar is geen kuur vir die virus nie en benadruk dat troeteldiereienaars hul honde moet inent en steriliseer.

Sy het gesê dat slegs simptome behandel word om die virus te bestuur.

Volgens Breytenbach is Onderstepoort op die oomblik, vol besmette honde.

“Ons verwys selfs na privaat veeartse, maar hul praktyke is ook altyd vol. Dit is die rede waarom ons vra dat mense hul hondjies ten minste drie keer moet inent” het Breytenbach gesê.

Behandeling kan tussen R3 000 en R12 000 kos, terwyl inenting so min as R200 kan kos.

Korky Levanon, ‘n bestuurder van die Tshwane-DBV het gesê die virus is algemeen hierdie tyd van die jaar.

“Mense kry hondjies sonder om te weet van hulle geskiedenis. Hulle weet nie of die diere ingeënt was nie” het Levanon gesê.

Sy doen ’n beroep op troeteldiereienaars om te verseker dat hulle mediese behandeling kan bekostig voordat hulle ‘n troeteldier aanneem.

Sy het gesê dat baie troeteldiereienaars hul besmette troeteldiere by die DBV aflaai en verwag dan dat die DBV vir die diere sorg.

Volgens Levanon was daar ’n toename in honde wat deur die virus besmet is by die Watloo en Centurion DBV takke, maar kon nie presiese getalle gee nie.

Cilla Trexler, die stigter van Wollies Diere Projek het gesê dat sommige siek troeteldiere in die agterplase van inwoners in die noorde van Pretoria sonder behandeling gelos word.

“Sommige troeteldier eienaars in die noorde van Pretoria laat vaar hul honde wanneer hulle Parvovirus op doen. Mense is te skaam om hul siek honde in te bring vir behandelling, miskien kan hulle behandeling nie bekostig nie, maar hulle moet vooraf hulp soek” het Levanon gesê.

Sy het gesê troeteldiereienaars kan hospitale kontak wat gratis behandelling aanbied, in plaas daarvan om  hul honde net in die steek te laat.

 

MootGi - Wie is ons?

Wie is ons en hoe werk ons?

MootGi is ’n artikel 21 maatskappy wat ten doel het om die gemeenskap soos hieronder uiteengesit, op verskeie terreine te DIEN
Die area wat tans gedek word is vanaf die Snelweg in die ooste tot by Steve Biko straat in die weste met inbegrip van die areas oos van die snelweg.

Read more...

 

Movember

Movember het in 2003 in Australië begin toe groep vriende van Melbourne besluit het om sommer vir die grap hul snorre te laat groei. Die volgende jaar het 450 mans ook hul snorre laat groei en sommer in die proses 25 000 pond vir prostaatkanker-navorsing ingesamel.

Read more...

 
More Articles...