Tuis | Nuus

padblokades: Jou regte!

Na verskeie voorvalle in 2016, waar Tshwane Metro Polisie en Johannesburg Metro Polisielede die regte van motoriste op growwe wyse verontagsaam het deur hul mag te misbruik, asook die voorval in Januarie, waar ’n Tshwane Metro lid ’n motoris in Hatfield dood geskiet het tydens ’n padblokkade, wil MootGi gemeenskapslede inlig rondom hul regte in en tydens padblokkades. Weens swak opleiding en die arrogansie van sommige Metro amptenare is dit belangrik om jou regte te ken om sodoende swak diens en gedrag in die kiem te smoor deur effektiewe rapportering aan owerhede en sosiale media kanale. Dit is egter ook belangrik sodat jy jouself nie aan die verkeerde kant van die reg sal bevind nie. Hier volg wenke voorsien deur AfriForum. Lees gerus ook die geel artikel van Mariné Lourens soos gepubliseer op www.maroelamedia.co.za
  1. 'n Polisie- of verkeersbeampte in uniform het die reg om jou enige tyd af te trek. Hoewel hulle jou naam en adres mag versoek, moet hulle hulself ook aan jou voorstel. Jy mag vir die beampte — in uniform of nie — vra vir 'n bewys van sy of haar identiteit. Jy mag dus versoek om sy of haar aanstellingsertifikaat (ID-kaartjie met foto) te sien om sy of haar identiteit te bevestig.
  2. Die Strafproseswet stel dit baie duidelik dat enige beampte wat hom- of haarself nie met amptelike dokumentasie kan identifiseer nie, onwettig optree. Enige aksie teenoor jou as padgebruiker sal in só 'n geval as onwettig beskou word.
  3. Volgens die Padverkeerswet mag die beampte versoek om jou bestuurderslisensie te sien.
    • Verkeersbeamptes is daarop geregtig om 'n lisensieskyf te verwyder en sodoende 'n voertuig as onpadwaardig te verklaar.
    • Die voertuig kan ook dan van die pad verwyder word.
  4. Beamptes mag jou onder geen omstandighede vir uitstaande padverkeersboetes arresteer nie, tensy 'n lasbrief vir jou arrestasie uitgereik is.
  5. 'n Vrouebeampte mag nie 'n man tydens 'n aftrekking deursoek nie, terwyl dieselfde reël geld vir mansbeamptes wat nie vroulike padgebruikers mag deursoek nie.
  6. Deursoeking en beslaglegging deur beamptes mag nie op 'n arbitrêre wyse plaasvind nie. Beamptes moet 'n sterk vermoede hê dat jy by 'n misdaad betrokke was en 'n lasbrief moet reeds deur 'n magistraat uitgereik wees vir beamptes om jou en jou voertuig te deursoek en selfs daarop beslag te lê. (Dit geld nie vir amptelike padblokkades waar deursoekings plaasvind en die nodige lasbriewe reeds bekom is nie.)
  7. Indien jy deur 'n beampte gearresteer word, moet hy of sy jou onmiddellik van jou regte inlig en jy moet direk na 'n polisiestasie geneem word.
  8. Indien jy afgetrek word en onveilig voel, kan jy die volgende doen:
    • Skakel jou noodligte aan.
    • Ry stadiger.
    • Wys met jou hand dat jy met die beampte wil gesels en dat jy jou samewerking gee.
    • Indien die beampte tot langs jou ry, kommunikeer dat jy nie veilig voel nie en dat jy na die naaste polisiestasie, petrolstasie of veilige hawe wil ry.
    • Stel dadelik jou naasbestaandes in kennis van wat aan die gang is en versoek dat hulle jou ontmoet waar jy beplan om stil te hou of waar jy besig is om te ry.
    • Moenie aggressief teenoor die polisie of verkeerspolisie optree nie, wees ten alle tye hoflik.

 

 

Kindersitplekke ’n absolute noodsaaklikheid wanneer jy kinders vervoer

Ek is pa van 5 prag kinders. Ek weet wat dit vat om al vyf kar toe te dra na afloop van ’n braai. Om dan in ‘n WWF-stoeisessie met elkeen slaags te raak om hulle net in die karstoeltjies vas te gordel, en om die proses tuis te herhaal... dit is moeite, maar dis goeie moeite. Ek sien daagliks kinders wat by hul ouers of grootouers, vóór die passasierstiplek staan, terwyl die moter ry. Daar het in 2016 ’n “dashcam” motor video kamera se video die rondte gedoen van ‘n motorongeluk, waar 2 kinders uit die motor geslinger word tot teen die stilstaande motor met die kamera, wat opgeneem het hoe ‘n ander moter ’n verkeerslig verontagsaam, en die ongeluk veroorsaak. Geen mensliggaam kan die kragte op jou weerstaan of teenstaan in ‘n motorongeluk nie. Dink tog verder as om jou kind net te bederf deur hom of haar nie in ’n kinderstoel vas te maak nie.

Het jy geweet dat jy die wet oortree wanneer jy ’n kind jonger as drie jaar oud in jou motor vervoer sonder dat hulle vasgemaak is in ’n kinderstoel?

Vanaf 1 Julie 2015 was dit wet in Suid-Afrika dat kinders onder 3 jaar, wat in ’n motor vervoer word, in ’n kinderstoel vas gemaak moet wees.

Hierdie wet word ongelukkig nie toegepas nie, en word daagliks op duisende geleenthede verontagsaam.

Vroeër in 2016 het die Automobiel-Assosiasie (AA) informele waarnemings-navorsing gedoen waar hulle die gebruik van kindersitplekke gemonitor het.

Die ondersoek het die hoeveelheid motors aangeteken wat kinders vervoer het, wat volgens wet, in kinderstoele gegordel moes wees.

Die skokkende bevinding was dat slegs 7 persent van mense wat kinders in hul motor vervoer het, die kinders in kinderstoele vas gehad het. 93 persent het die wet blatant verontagsaam en die kinders in hul motors se lewens in gedrang gebring.

In baie gevalle sit kinders in die voorste passasiersitplek sonder sitplekgordels, of staan ??in die motor terwyl dit beweeg, of sit nie in ’n stoel wat geskik is vir hul gewig en lengte nie.

Afgesien daarvan dat dit teen die wet is, om ’n kind in ’n kinderstoel te hê het twee bykomende voordele. Dit hou die kinders vas en veilig in die geval van ’n ongeluk, en dit weerhou ook die kinders daarvan om die bestuurder te pla en sy aandag af te trek.

Internasionale navorsing het getoon dat kinders in kinderstoele of “booster” sitplekke — wat behoorlik vasgemaak is — die kans op dood of ernstige beserings in ’n ongelukke drasties verminder. Ten spyte hiervan, gebruik meeste mense nog steeds nie kinderstoele vir hul kinders nie, en gebruik verskonings soos: “Ek gaan net ’n kort entjie ry”, of “Ek gaan oornag ry, so daar is minder verkeer op die pad “.

As jy mooi daaroor dink, is daar regtig geen verskoning goed genoeg dat jou kind nie in kinderstoele gegordel is nie. Die statistieke wys dat daar ’n goeie kans is om ernstige beserings of selfs die dood vry te spring indien dit gedoen word.

Dit alleen, moet genoeg motivering wees vir enige iemand om die regte ding te doen, en jou kind in ’n kinderstoel vas te gordel.Ek is pa van 5 prag kinders. Ek weet wat dit vat om al vyf kar toe te dra na afloop van ’n braai. Om dan in ‘n WWF-stoeisessie met elkeen slaags te raak om hulle net in die karstoeltjies vas te gordel, en om die proses tuis te herhaal... dit is moeite, maar dis goeie moeite. Ek sien daagliks kinders wat by hul ouers of grootouers, vóór die passasierstiplek staan, terwyl die moter ry. Daar het in 2016 ’n “dashcam” motor video kamera se video die rondte gedoen van ‘n motorongeluk, waar 2 kinders uit die motor geslinger word tot teen die stilstaande motor met die kamera, wat opgeneem het hoe ‘n ander moter ’n verkeerslig verontagsaam, en die ongeluk veroorsaak. Geen mensliggaam kan die kragte op jou weerstaan of teenstaan in ‘n motorongeluk nie. Dink tog verder as om jou kind net te bederf deur hom of haar nie in ’n kinderstoel vas te maak nie.

 

 

 

 

Villieria GPF vergadering sektore 1,2 en 3

U word hiermee uitgenooi om die kwartaallikse Villieria GPF vergadering vir sektore 1,2 en 3 by te woon, wat op 22 Februarie 2017 in die Piet Kreynaw Saal (East Lynne Gemeenskapsaal) gehou word.

Die vergadering begin om 19:00.

Laat asseblief mede gemeenskapslede weet van hierdie vergadering.

Dit is ‘n oop vergadering en almal is welkom om dit by te woon.

Ons sien uit om u daar te sien.

 

Moot-huisbraak nagmerrie!

Die afgelope week het waarskynlik dieselfde bende by 3 huise in 21ste laan, tussen Louis Trichart en Crotts strate ingebreek. Al 3 die inbrake is gedurende die nag gewees, en al 3 het hulle die diefwering geluidloos uitgebreek by huise sonder alarms of ’n reaksie diens. Met al 3 insidente het die boosheid in gegaan by die inwoners se slaapkamers waar hulle geslaap het en items van waarde gevat. By 2 gevalle was daar mans op die perseel en het hulle gevlug toe die inwoners hulle gesteur het. By ’n derde geval was ’n enkel-dame alleen tuis en sy het nie so lig daarvan af gekom nie. Ek wat hier skryf, Eugene Henning, het 1 inbraak in September 2016 gehad en toe weer 2 inbrake in Desember 2016, met al 3 my inbrake het ek waardevolle materiële goed verloor. Maar die ding wat die seerste kry en moeilik herstel is ons sin van rus en vrede. Hoe stel jy ’n 3 jarige gerus dat niemand in ons huis kan inkom nie... Hoe gaan slaap jy rustig wanneer jy nie seker is dat jy veilig is nie.

Read more...

 

OPERASIE SKOONMAAK

Maandag 30 Januarie 09:00, by SAPS Villieria

ALLE GEMEENSKAPSLEDE, ons is dringend opsoek na gemotiveerde, positiewe mense wat lekker kan saamwerk om van OPERASIE SKOONMAAK — Maandag 30 Januarie 09:00, by SAPS Villieria — ’n reuse sukses te maak.

Ons het die gemeeskap se hande en voete nodig om SAPS Villieria by te staan met hierdie operasie.  Almal gaan help om spruite skoon te maak en sluipslapers ontmoedig om in ons strate te slaap.

Al wat jy nodig het is gemaklike stap skoene en jou bottel water. SAPS gaan vir ons worsbroodjies en koeldrank gee na die optrede, daarom is dit nodig om te laat weet indien u die operasie gaan bywoon.

Stuur ’n boodskap na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of stuur sms na 0719972071 om u bywoning te bevestig.

Hierdie is die ideale geleentheid om ons SAPS en Sekuriteits lede te leer ken. Kom ons wys ons is ’n gemeenskap wat kan saamstaan want SAAM MAAK ONS ’N VERSKIL.

Indien daar sluipslapers is waarvan u SAPS wil in kennis stel, kontak vir Kaptein Coba Brits by SAPS Villieria.

 
More Articles...