Tuis | Nuus | Nuus | Kersfees en georganiseerde misdaad

Kersfees en georganiseerde misdaad

Gaan jy die kersfees sorg dat kersvader ook vir die Gangstas sorg?

Is jy besig om georganiseerde misdaad aan te moedig en te stimuleer deur vervalste goedere te koop? Wanneer jy n DVD van n straathandelaar koop, is dit waarskynlik n onwettige kopie en nooi jy euwels soos dwelmhandel by skole in jou area, prostitusie in ons buurte, mensehandel en nog baie ander gruwels ons lewens in. Sien die video om die skokkende siklus te beleef.


The Illicit Trafficking of Counterfeit Goods and Transnational Organised Crime is n dokument saamgestel deur die Verenigde Nasies se Kantoor oor Dwelms en Misdaad (UNODC).

Die mense van UNODC reken dat die handel in vervalste goedere meer as $250 miljard per jaar genereer vir kriminele ondernemings, en die aankoop van sulke onwettige goeder kan ander meer bose georganiseerde kriminele aktiwiteite soos dwelms, geldwassery, afpersing, prostitusie, slawerny en mensesmokkel befonds.

Handel in vervalste goedere het nie net n negatiewe effek op die omgewing nie giftige kleurstowwe en chemikalie wat onwettig verkoop word, en ongereguleerde lugbesoedeling is net n paar van die maniere waarop vervalsing kan bydra tot besoedeling maar ook verskeie etiese kwessies soos arbeidsuitbuiting wat werkers se poste in gedrang bring en ekonomiese groei strem asook die skadelike en potensiele gevaar wat hierdie produkte vir verbruikers inhou Vervalste goedere en medisyne vorm n ernstige risiko vir openbare gesondheid en veiligheid.

Met geen wettige beskerming of regulasie is verbruikers uitgelewer om onveilig en oneffektiewe produkte te gebruik. Met misdadigers wat werksaam is op alle moontlike gebiede waar daar n wins gemaak kan word, is die omvang van die misdaad veel wyer as kopieregskending van ontwerpershandsakke en DVDs. Van kinderspeelgoed tot motoronderdele, alkohol, landbou gereedskap en implemente, klere en skoonheidsmiddels - die lys is omvattend en wyd, met min geleenthede wat oorgesien word. Selfs die vervalsing van burgerlike en militre vliegtuigonderdele is aangemeld oor die jare, terwyl verslae van elektriese en ander items wat gekopieer word, dui op n beduidende publieke gesondheidsrisiko.

Die koste verbonde aan vervalsing gaan verder as die monetre verliese van die vervaardiger, die diefstal van ander mense se idees en uitvindings en die algehele impak op belasting en doeaneregte. Met wesenlike sosiale, etiese en gesondheidsgevolge is die onwettige handel in valsgoedere n misdaad wat feitlik almal op een of ander manier raak. BRON

SARS Doeane-amptenare het die afgelope week op vier besendings vervalste goedere ter waarde van R20.5 miljoen by OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gel.

Die jongste onderskepping vanjaar het 2 600 Nike-skoene vanaf Hong-Kong, 7700 Nike-skoene, 100 Louis Vuitton-sakke, 2000 kinders Nike-skoene, 470 Gucci-damesrokke en 1600 dames Polo en Chanel skoene vanaf China.

Di slag wat SARS geslaan het is een van 561 onderskepings wat SARS Doeane-amptenare uitgevoer het sedert n spesiale Inspeksie-operasie wat hulle in Augustus 2017 begin het. Die operasie fokus spesifiek op verbode en beperkte goedere soos nagemaakte klere en skoene.

MootGi se November uitgawe bespreek die heersende probleem van alkohol en dwelm misbruik onder wit Afrikaners wat op straat bedel, statistiek bewys dat tot 95% van di seuns en dogters, nefies, niggies en ooms en tannies, mense wat ons ken dit is n probleem wat kleurblind is en nie klas in ag neem nie. Gewetenlose mense gee nie om hoe hul wins bekom nie, of hoe goedkoop hul bargain is nie.


Aanlyn aankope: Terme om te vermy

Counterfeit

Counterfeits is namaaksels van goedere wat voorkom of dit die ware ding is soos deur die handelsmerk uit gegee. Hulle het 'n handelsmerk se etiket of simbool op soos die ineengeskakelde C's op 'n outentieke Chanel handsak of die appel logo van 'n outentieke Apple produk.

Knockoffs

Knockoffs is ook vervalste goedere en boots die algehele voorkoms van oorspronklike ontwerpe na, maar gebruik nie die woorde of simbole van n ontwerper-handelsmerk om verbruikers te mislei nie.

n Baie groot deel van die wettige modebedryf bestaan uit knockoffs van ontwerperstyle.

Pirate

Pirate goedere is flieks, musiek, boeke of ander kopieregwerke wat sonder toestemming van die maatskappy, komponis of outeur wat die kopiereg besit, weergegee en verkoop word.

Hierdie gewoonlik lae kwaliteit kopie produkte kos wettige besighede miljarde in verlore winste en dryf pryse deur die dak.