Tuis | Nuus | Nuus | STOP! Moenie die sneller trek nie!

STOP! Moenie die sneller trek nie!

Villieria SAPD wil jou aan die volgende herhinder: om jou eie lewe te neem los dalk volgens jou die onmiddelike probleem op, maar het verreikende gevolge vir die wat agterbly en wat sin moet maak van jou dade. Jou aksies het gevolge vir jouself en jou geliefdes. Dit is die moeite werd om hulp te kry . Elke lewe is dit werd.

Die Wreldgesondheids-organisasie beraam dat n selfmoord elke 40 sekondes wreldwyd plaasvind. Selfmoord (die daad om jou eie lewe suksesvol te neem) en moord (die daad om ander se lewens suksesvol te neem) neem skerp toe in ons land onder die publiek en ook onder SAPD-lede, jy hoef maar net na statistiek te kyk om te weet hoe volop dit is.

Organisasies en individue moet bewus wees van die groeiende risiko vir werknemers. Selfmoord gedagtes en neigings kan veroorsaak word deur stresvolle situasies sowel as psigiatriese siektes soos depressie, post-traumatiese stresversteuring, angs en substans misbruik. Hierdie psigiatriese siektes moet voldoende bestuur word om selfmoordgedrag en lewensverlies te verminder.

Een verlore lewe, is een te veel...

Dit is nooit te laat om uit te reik vir hulp nie. Geen uitdaging is onoorkomlik nie.


Waarskuwings tekens:

  • Depressie en buierigheid
  • Verhoudingsuitdagings
  • Persoonlikheids veranderinge
  • Finansile probleme
  • Skielike geestesverheffing
  • Osessiewe voorbereiding vir die dood
  • Grap of praat oor selfmoord
  • Uitbrand
  • Hopeloosheid
  • Ekstreme stres

Wat kan jy doen?
  • Leer alles wat jy kan oor depressie sodat jy die kennis kan deel.
  • Moedig jou kollegas aan om hulp te kry.
  • Bou en handhaaf gesonde verhoudings, binne en buite werk.
  • Bestuur jou finansies goed en leef binne jou middele.
  • Vermy groepsdruk.
  • Neem tyd vir jouself en wees lief vir jouself