Tuis | Nuus | Nuus | Vakansietyd, Families en verslawing

Vakansietyd, Families en verslawing

Dwelm- en drankmisbruik tydens die feesseisoen

Volgens statistieke sal ongeveer drie uit tien Suid-Afrikaners in die komende feestyd betrokke wees by ’n alkohol of ander dwelmverwante motorongeluk. SAPD Villieria wil die publiek en lede van die SAPD waarsku oor die onverantwoordelike gebruik van alkohol of enige dwelmmiddel en die negatiewe uitwerking daarvan op die welsyn van die gesin, veral oor die feestyd.

 

Soos die vakansieseisoen met sy baie sosiale aktiwiteite nader kom, beveel SAPD Villieria aan dat mense:

  • beoefen veilig en matige gebruik van alkohol of enige ander moontlike skadelike middel
  • moenie jou of jou gesin se genot bederf deur onverantwoordelike middel gebruik nie.

Die gevolge van alkohol gebruik of misbruik op die gesin se welsyn:

  • Die meeste mense sien uit na die feesseisoen as ’n geseënde tyd. In dié seisoen kan jy inhaal op tyd met geliefdes en vriende wat jy nie gedurende die jaar gesien het nie. Dit kan egter ’n baie stresvolle en gevaarlike tyd wees vir die wat aan geesteskwale en verslawings lei.
  • In ’n familie waar die ouers of enige familielid alkohol misbruik, ervaar alle lede stres en vrese van verskeie soorte.
  • Die gesinslewe kan byna ondraaglik word en lede kan in verskillende grade getraumatiseer word, omdat hulle nooit die gedrag van die mishandeling kan voorspel nie.
  • Familielede moet dikwels die verwarrende, onvoorspelbare en onaangenaamheid van die lewe met ’n familielid wat alkohol misbruik, hanteer. Hul onvoorspelbaarheid is baie waarskynlik ontwrigtend en beperk die gesin se vermoë om aktiwiteite te beplan of aan bekende roetines te voldoen.
  • Dit kan ’n negatiewe effek hê op persoonlike finansies, lei tot swak gesondheid en sal verhoudings negatief beinvloed.
  • Konflik tussen familielede kan lei tot gewelddadige gedrag wat maklik kan lei tot huishoudelike geweld, wat uiteindelik egskeiding as ’n gevolg kan hê.
  • Drank misbruik kan jou vermoë as ’n ouer, eggenoot, vennoot, en as ’n familielid so sleg beïnvloed dat die welsyn van die gesin daaronder kan lei.
  • Groter families kan skeur of mekaar vermy en verhoudings negatief beïnvloed weens bekommernis van drankmisbruik by groter familie byeenkomste.
  • Ouers en ander familielede wat alkohol misbruik, het dikwels gemoedstoestande en vermors die familie se geld op alkohol met min of geen agting vir die daaglikse behoeftes van die gesin nie.

 


 

Wenke vir ’n veilige feestyd

 

  • Moenie bestuur, swaer masjinerie hanteer of enige medikasie gebruik terwyl jy alkohol gebruik nie. Alkohol benadeel die vermoë om te reageer, veroorsaak slaperigheid en beïnvloed jou oordeel negatief.
  • Mense wat herstel van ’n alkoholverwante siekte en toestande moet glad nie alkohol inneem nie, aangesien selfs klein hoeveelhede alkohol gewoonlik lei tot terugval. Mense jonger as die wettige ouderdom, moet glad nie alkohol drink nie.
  • Swanger vroue of vroue wat beplan om swanger te word, moet glad nie drink nie. Alkohol verbruik belemmer die groei en ontwikkeling van die fetus, wat lae geboortegewig, geboorte afwykings, leer- en gedragsversteurings en nood van die pasgebore baba veroorsaak.
  • Matige alkohol gebruik vir meeste volwassenes veroorsaak gewoonlik nie gesondheidsprobleme nie. Matige alkohol gebruik: ’n maksimum van twee drankies per dag vir mans en een drank per dag vir vroue en ouer mense. Alkoholisme of alkoholverslawing is ’n progressiewe wanorde en ’n baie hoë persentasie mense in die ouderdomsgroep 12 en ouer word geklassifiseer as afhanklik van alkohol of alkohol misbruik.