Tuis | Nuus | Nuus | Villieria polisie stasie 16 dae van aktivisme

Villieria polisie stasie 16 dae van aktivisme

Op 25 November het SAPD Villieria in samewerking met “Forster care action group” asook ander rolspelers in die omgewing ’n pretdag gehou by Kniff ‘un Gaffel Gaste huis in Nico Smith straat.  Daar was verskeie optredes van gaskunstenaars, springkastele, gesigverf, kos te koop en nog vele meer.

 

Teen opstaantyd was dit reeds swaar bewolk en net voor die opening van die dag het die welkome reën uitgesak. Die swaar reën het die opkoms drasties beinvloed.  Nietemin is dit in goeie positiewe gees wat die dag gehou is vir ’n goeie doel. Welgedaan almal betrokke!