Tuis | Nuus | Nuus | Kersbederf vir Moot se gestremdes

Kersbederf vir Moot se gestremdes

Vroeg op n someroggend in November uit n kamer by NG kerk Villieria weergalm Stille nag heilige nag, die lied wat vertel van ons Here se geboorte. Wanneer jy die kamer binne gaan word jy begroet met glimlagte, gesigte vol lewe wat die Here se vreugde vier. Sowat 20 volwasse verstandelik gestremdes sit om die tafel en sing-jeug.

SAPD Villieria het saam met gemeenskapslede en die MootGi die Moot-dagsorgsentrum vir volwasse gestremdes gaan besoek om in die kersatmosfeer te deel.

Vroer in die dag het hulle ook n plaaslike kleuterskool in East-Lynne besoek. Hier het die kinders balle, inkleurboeke, inkleurkryte, lekkers en legkaarte gekry.

By die dagsorgsentrum is die mense met kolwyntjies en koeldrang bederf en elkeen hetn spesiale verrassingspakkie ontvang. Noodsaaklikhede soos seep en waslappe is ook geskenk. Is dit myne? Dankie, dankie Tannie s een vrou.

Die mense word elke dag by die sentrum versorg. In die oggend volg hulle n vaste program waar hulle almal inspring en werk. Hulle help kaartjies verf, doen kralewerk en maak selfs klein geskenkies. In die middae word daar televisie gekyk, musiek geluister of net sommer lekker gekuier.

Hierdie mense is almal so bly om te lewe. Hulle geniet hulle tyd hier op aarde so vreeslik baie, en dit is die moeite werd om die kerstyd vir hulle spesiaal te maak. s Kapt Coba Brits, woordvoerder van die SAPD Villieria.

Die mense was so dankbaar en hulle het vir ons gesing met die mooiste glimlagte, s Lene van Wyk, n moot inwoner wat besluit het om geskenke vir die mense in te samel.

Brits s dit is belangrik om elke dag te probeer om n verskil in iemand se lewe te maak. Die kwesbare groepe l my na aan die hart en hulle het ons nodig om hulle regte te beskerm.

Brits s dit is belangrik vir polisiekantore reg oor die land om uit te reik na hulle gemeenskappe en diegene wat hulp nodig het.

Ek dink alle polisiekantore reik deesdae uit na hulle gemeenskappe. Die polisie en die gemeenskap het besef hulle het mekaar nodig. Almal moet hande vat om hierdie land van ons veilig te maak. s sy.

En toe die weldoeners weer oppad was, is hulle weer gegroet met n liedjie: As Hy weer kom , as HY weer kom, kom haal Hy Sy prels, volg die stemme hulle oppad uit.