Tuis | Nuus | Nuus | Moenie fotoís van verdagtes publiseer nie!

Die roekelose publikasie van fotoís van gearresteerde verdagtes en/of gesoekte persone op sosiale media, kan ernstige gevolge hÍ en lei tot dwarsboming van die gereg.

Lede van die publiek moet nie fotoís van verdagte misdadigers op sosiale media of die internet plaas nie.

Dit was die boodskap van die polisie na aanleiding van ín voorval waarin skermfotoís van CCTV-opnames van ín vermeende motordief op sosiale media versprei is.

ďDie voortdurende roekelose publikasie van fotoís van gearresteerde verdagtes en/of gesoekte persone, veral op sosiale media, kan ernstige gevolge hÍ,Ē het polisiewoordvoerder, Captain Daniel Mavimbela, gesÍ.

Mavimbela verwys na ín onlangse saak waarin ín man deur die howe vrygespreek is nadat hy aangevoer het dat sy skuldigbevinding gegrond is op ín voorbeoordeelde identiteitsparade, aangesien sy fotoís voor die parade oor sosiale media gepubliseer was.

Mavimbela het gesÍ dat hierdie praktyk nie net die ondersoek van misdaad belemmer nie, maar dat die publiseerders van sulke fotoís krimineel vervolg kan word.

Volgens die SAPD Wet van 1995 mag niemand sonder die skriftelike toestemming van die nasionale of provinsiale kommissaris fotoís of sketse van persone wat vermoed word dat hulle ín misdryf gepleeg het, publiseer nie.

Enige persoon wat sulke fotoís of sketse publiseer, is skuldig aan ín misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met ín boete of met gevangenisstraf vir ín tydperk van 12 maande.

Indien mense in besit is van fotoís of video grepe van verdagtes of misdaadtonele, moet hulle eerder met die SAPD oorleg pleeg voordat hulle op die web gepubliseer word, het Mavimbela gesÍ.