Tuis | Nuus | Nuus | Jaagduiwels versigtig

Jaagduiwels versigtig

Spoedhobbels gaan in verskeie strate in die Moot aangebring word om jaagduiwels die hok te slaan, s DA-raadslid Elmarie Linde.

Linde moedig inwoners aan om alternatiewe roetes te gebruik terwyl die veranderinge aangebring word.

Sy s daar is net twee spoedhobbels per wyk goedgekeur.

Sou nog sulke maatrels nodig wees, sal dit in die volgende finansile jaar opgerig word.

Linde s inwoners kan verdere versoeke aan hul raadslede rig.

Om n versoek aan n raadslid te kan rig, moet inwoners n petisie in hulle straat optrek waar alle inwoners van die straat saamstem oor die spoedbult, s DA-raadslid Elma Nel.

Dit het al voorheen gebeur waar die stadsraad gedagvaar was oor n spoedbult wat voor iemand se oprit opgerig is, s sy.

Linde s dit kos tussen R30 000 en R35 000 om n spoedbult aan te bring.

Die oogmerk is om die werk teen einde Julie af te handel.

Linde waarsku inwoners dat nie al die bulte dadelik geverf sal word nie, wat dit moeilik maak om hulle betyds raak te sien.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; text-align: justify; text-indent: 7.1px; line-height: 12.0px; font: 7.0px 'Helvetica Neue Light'; color: #324f94} span.s1 {font-kerning: none}

www.rekordmoot.co.za


Verskeie verhoogde voetoorgange word ook gebou:

  • op die hoek van Walterlaan en Spioenkopstraat in Waverley;
  • op die hoek van Owenlaan en Phllipstraat; en
  • op die hoek van Owenlaan en Hastiestraat in Kilnerpark.

Nog punte vir spoedhobbels:

  • die hoek van Ben Swartstraat en 33e Laan;
  • die hoek van Wolmaransstraat en Stegmannstraat in Jan Niemandpark;
  • die hoeke van Hartleystraat, Gurneystraat en Glenstraat in Weavind Park;
  • die hoek van Eloffstraat en Casperlaan in Eloffsdal; en
  • op die hoek van Swemmerstraat en 18e Laan in Gezina.