Tuis | Nuus | Nuus | Steunpilaar val weg

Steunpilaar val weg

Tanie Jalette Steynberg was juis dit; ’n berg, ’n steenberg! Of te wel; ’n steunpilaar, na aanleiding van die artikel se titel. 

Met permissie gesê; jy het altyd van tannie Jalette geweet. Mens kon haar teenwoordigheid op die horison sien soos jy na haar aangestap kom. Soos jy naderkom, het sy al groter geword. Kort diskant haar aansienlike teenwoordigheid, was haar onver-skrokke, uitgesproke opinie, wat netso aansienlik en formidabel was soos haar teenwoordigheid...Of jy ’n aanhanger van haar was of nie, Woensdag, 20 Mei, 2015 het die Moot ’n reuse verlies gely. Tannie Jalette (74) is na ’n lang stryd met hartversaking — en baie in-en-uit die hospitaal, in die Montana-hospitaal oorlede. Sy is 2 weke gelede vir longontsteking daar opgeneem. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Tannie Jalette — soos baie haar geken het en na haar verwys het — was ’n uiters bekwame dame as dit kom by administrasie en dokumentasie. Sy het ’n passie en ’n dryf gehad, en kon ’n pas handhaaf wat min by kon vashou, selfs met haar swak gesondheid. Haar passie en dryfkrag, haar onmisbare persoonlikheid, het veral te voorskyn gekom wanneer sy kwessies rondom die GPF, veiligheid en sekuriteit van die omgewing, familiebou en veral Kinderwelsyn aangespreek het.

Hierdie nuusbrief het in die uitgawe van April 2015 berig dat Tannie Jalette se begeerte was, na afloop van haar tyd as Voorsitter van Villieria GPF, “dat mense bewus sal wees van die belangrikheid van maatskaplike misdaadvoorkoming — want dit is waar die kruks van ons probleme lê.”

Vaarwel Tannie Jalette. Rus in Vrede!

 

Eugene Henning