Tuis | Nuus | Nuus | Just Imagine: Moot die veiligste woon gebied in Pretoria

Just Imagine: Moot die veiligste woon gebied in Pretoria

Just Imagine Properties is werksaam in die Moot en vat hande met MootGi (Moot Gemeenskaps Initiatief) en die GPF om die Moot omgewing veilig te hou en te verseker dat mense ’n medium het om te kommunikeer met die Polisie en sekuriteitsfirmas.

Mnr Hendrik van der Westhuizen (Voorsitter van MootGi) en die GPF het ’n persoon geïdentifiseer. Mnr Albert Heckler, woon al 42 jaar in Môregloed en is nou betrokke by ou mense in die area. Mnr Heckler beweeg baie rond in die omgewing en die doel is om die radio aan iemand te verskaf wat dit gaan gebruik tot voordeel van die gemeenskap.

Werner van Deventer (Just Imagine Properties - Moot) is betrokke vanaf 1990 in die Moot en was een van die stigterslede van die BMWCID Gemeenskapsinitiatief (nou MootGi)  wat saamwerk met inwoners, sekuriteitsfirmas en die polisie.

Just Imagine Properties is van jaar 10 jaar oud, en as deel van die firma se verjaarsdag gaan daar aan die inisiatief deelgeneem word. Theo Erasmus(Prinsipaal en eienaar van Just Imagine Properties) ondersteun die gemeenskapsinitiatief en noem dat die Moot kantoor tydens 2015 kwartaalliks n radio gaan skenk aan mense in die Moot wat behoefte het.

Just Imagine Properties se siening is dat besigheid en die gemeenskap  moet hande vat met die polisie en sekuriteitsfirmas om ons huise die lekker en ontspanne plek te maak wat ons almal na n harde dag se werk verdien. Ons huise is ons grootste finansiële bate en ons het die verantwoordelikheid om te verseker dat dit so bly in die Moot.