Tuis | Nuus | Nuusbrief

Rapportering van Munisipale klagtes

MootGi het n Infographic soos die modewoord s, vir jou gerief gemaak. Druk hom uit en sit dit op jou yskas!

Read more...

 

Lisensiediens sabotasie?

Na aanleiding van die vlaag van inbrake en diefstal by die Waltloo-, Akasia- en Centurion-lisensiringsentrums en die gevolglike frustrasie vir motoriste, wil die Stad Tshwane die betrokke persone in kennis stel van alternatiewe bepalings wat in hierdie verband gemaak is.

Ingevolge die wet kan n bestuurderskaarthouer hul lisensie by enige lisensiringsentrum in die land hernu, en enige ander gerieflike toetssentrum kan in hierdie verband genader word. Dit impliseer dat motoriste nie boetes moet kry vir vervalde lisensie skywe nie, Aangesien hulle dit by enige naaste poskantoor kan hernu, het mnr. Derrick Kissoonduth, MMC vir gemeenskapsveiligheid, ges

n Beperkte bestuurderslisensie-hernuwingsdiens is vanaf Donderdag 13 Julie 2017 by die Centurion-lisensiringsentrum ingestel.

Aansoekers wat in besit is van n oogkundige toets sertifikaat, sal gehelp ??word. As gevolg van die inbraak is hierdie diens egter ongelukkig beperk tot ongeveer 100 klinte per dag.

Aansoekers wat die Akasia- en Bronkhorstspruit-lisensiringsentrums besoek, word aangemoedig om n oogkundige sertifikaat saam te neem. Dit sal die proses vinniger maak.

Die Uitvoerende Burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga, het die rooftogte verlede week tydens n perskonferensie veroordeel en verklaar dat hy deur hierdie rooftogte kwaad is en alles in ons vermo sal doen om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die rooftogte tot boek gebring word. Dit is hoekom ek toesig hou by die betrokke lisensiringsentrums om self die stand van sake te sien en om vas te stel watter verdere langtermyn stappe deur hierdie administrasie geneem kan word om te verseker dat hierdie rooftogte voorkom word sodat ons mense die diens kan kry wat hulle verdien.

Voorval 1 by Waltloo

Die Waltloo-lisensiringsentrum is op 1 Junie 2017 beroof. Die volgende toerusting is gesteel:

  • Sewe rekenaars wat gebruik word vir oog toetse en duim drukke;
  • ENaTIS rekenaars;
  • Een inkomste-inligtingbestuurstelsel;
  • Drie van die stad se rekenaars.

Voorval 2 by Waltloo

Dieselfde lisensiringsentrum is weer op 20 Junie 2017 beroof. Sekuriteitspersoneel en amptenare van die Stad is deur onbekende aanvallers aangerand en beseer. Die rowers het n sekuriteitswag na die kluis begelei en n onbekende bedrag geld gesteel.

Ons waardeer dat hierdie voorvalle ons inwoners ongerief veroorsaak, en daarom sal die volgende dienste by die Waltloo Lisensiringsentrum gelewer word ten spyte van die inbrake:

  • Afhaal van bestuurderslisensies;
  • Aansoek om leerling- en bestuurderslisensies; en
  • Toets vir leerling- en bestuurslisensies.

Ongelukkig sal die sentrum nie in staat wees om professionele bestuurderslisensies en gewone bestuurslisensies te hernu totdat die toerusting vervang is nie.

Centurion Lisensiringsentrum

n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat rekenaars, kamera toerusting en eNaTIS skerms gesteel is. Die Centurion-lisensiringsentrum is onmiddellik gesluit om die SAPD kans te om ondersoeke af te handel.

Die resultaat van die misdaad:

  • Slegs leerlinglisensie- en bestuurderlisensietoetsing asook die afhaal van bestuurderslisensiekaarte kan tot verderre kennisgewing gedoen word.
  • Geen hernuwings van bestuurderslisensiekaarte is tans moontlik nie.

Onderhandelings is aan die gang om die dienste so gou moontlik te normaliseer.

Akasia Lisensiringsentrum

Gele in die noorde van die hoofstad het die Akasia Lisensiringsentrum op 6 Junie 2017 n inbraak beleef. Gelukkig is niks geneem nie, en die vinnige reaksie van die Tshwane Metropolitaanse Polisiedepartement en SAPD het die inhegtenisneming van twee mense opgelewer. Die rowers het probeer om toegang tot die kluis te kry, maar was onsuksesvol.

Ons is dankbaar aan ons mans en vroue wat vinnig opgetree het en ons sal maatrels tref om te verseker dat soortgelyke inbrake by die ander lisensiringsentrums voorkom word.

Die publiek word daaraan herinner dat hulle vir enige ander operasionele sentrum vir bestuurderslisensie-toetsing of verwante dienste kan besoek. Dit beteken dat Tshwane-inwoners nie beperk is tot Tshwane-sentrums nie.

Die Stad, tesame met die TMPD, het spoedige veiligheidsmaatrels voorgestel om sodoende n herhaling van sulke voorvalle te voorkom. Buite en binne sekuriteitstegnologie sal opgradeer word na die hoogste standaard. Hierdie ingryping sal uitgerol word na alle ander lisensiringsentrums in Tshwane.

Ons is versigtig optimisties dat die polisie die oortreders sal vastrek wat daarop uit is om dienslewering in Tshwane te belemmer. Ons sal nie afgeskrik word in ons strewe om Tshwane n veilige en doeltreffendede stad te maak nie.

Op hierdie stadium kan ons nie n tydraamwerk bepaal nie weens die menigte prosesse wat gefinaliseer moet word, insluitend maar nie beperk tot ons betrokkenheid by die betrokke provinsiale strukture nie. Dit is genoeg om te s dat die Stad op alle fronte werk om die prosesse te bespoedig en die ongerief wat deur die rooftogte veroorsaak word, te verminder en te voorkom.

 

Watermeters weer in gedrang

Maandag 24 Julie slaan die watermeter-booswigte weer toe! Dou-voor-dag stroop hulle n paar meters in Cunninghamlaan

Die dou was nog nie behoorlik van die gras af gebrand nie, of Tshwane se makkers: Maake, Phago en Nelson, van die water departement, was daar om die sproeiende oorblyfsels te herstel.

Komplemente aan Tshwane vir die flinke diens! Sien bl. 2 vir fout en klagte rapportering aan Tswane. Jy kan die blad sommer op jou yskas hou vir verwysing.

 

Noodhulpkursus

MootGi bied n gratis Noodhulpkursus aan vir die gemeenskap.

Read more...

 

Misdaadtoneelbestuurskursus

MootGi bied n gratis Misdaadtoneel Bestuurskursus aan vir die gemeenskap.

Read more...

 
More Articles...