Tuis | Nuus | Nuusbrief

3... per kilometer!

Nee, dit is nie die pertol verbruik van n motorkar nie. Dit is hoeveel bybels Hendrik van der Westhuizen graag sal wil los hardloop op 4 Junie, wanneer hy deelneem aan sy 6de Comrades Marathon. Hy mik om R15000 in te samel, wat hom dus 3 bybels p/km sal gee.

Read more...

 

SAPD Villieria bederf Onnies

SAPD Villieira het op 14 Februarie 2017 die onderwysers van Horskool FH Odendaal gaan verras met die geloei van polisiekarserenes, pizza, kolwyntjies en heerlike gesels.

Die onderwysers was heeltemal uit die veld geslaan toe daar n konvooi polisievoertuie opdaag, gelaai met pizza en kleurvolle balonne.

Die personeelkamer is oorval met pizzas wat geborg was deur Mimos Waverley. Daar was ook heerlik kolwyntjies waaraan almal as nagereg kon smul. Vir versiering was daar talle geel en blou polkadot balonne. Te vrolik en fraai!

Die vrolike dag het ook baie gesels en kontak maak bevat en is deel van Villieria SAPD se uitreik en skakeling na die gemeenskap.

Die dag het ook n ernstige boodskap gehad.

Adjudant-Offisier Marinda Austin, Kapt. Coba Britz en Lt Kol. Cynthia Madzivhandila het die onderwysers van Horskool FH Odendaal toegespreek.

Hulle het bevestig dat die SAPD en onderwysers moet hande vat om misdaad in ons omgewing aan te spreek en ook om die band tussen die SAPD en die publiek te versterk..

Lt Kol. Cynthia Madzivhandila het ges sy salueer die onderwysers wat so baie van hulle self gee in die opvoed en skool van ons land se grootste en belangrikste hulpbron, ons kinders.

Kliek hier om n video te kyk

Eugene Henning

 

Die Suid-Afrikaanse belasting stelsel

Veronderstel 10 mans gaan elke aand uit vir n bier en die rekening vir al tien is R100. Indien hulle die rekening volgens die SARS formule betaal, sou elkeen soos volg opdok:

  • Die 1ste 4 mans (armste) sou nie betaal nie.
  • Die 5de sou R1 betaal.
  • Die 6de sou R3 betaal.
  • Die 7de sou R7 betaal.
  • Die 8ste sou R12 betaal.
  • Die 9de sou R18 betaal.
  • Die 10de man (rykste) sal R59 betaal.

Die 10 mans het elke aand in die kroeg gedrink en was baie gelukkig met die reling. Op n dag besluit die eienaar van die kroeg dat hulle getroue ondersteuning n R20 korting verdien. Drankies vir die 10 mans sou nou R80 per aand kos.

Die groep wou aanhou om hul rekening volgens die SARS formule ons belasting stelsel te betaal.

Die eerste 4 mans het nog steeds gratis gedrink. Maar wat van die ander 6 mans, die betalende klinte - hoe kan hulle die R20 meevaller regverdig verdeel?

Hulle bereken dat R20 gedeel deur ses R3.33 is. Maar as hulle die R3.33 by almal aftrek, dan word die 5de en 6de manne elk betaal om hulle bier te drink!

So, die kroeg eienaar stel toe voor dat die rekening van elkeen verminder moet word deur n hor persentasie van die armer manne af te trek, volgens die selfde persentasies as wat SARS se belasting stelsel werk wat hulle tot nou toe gebruik het. Die nuwe betalings vir elkeen was nou soos volg:

  • Die 5de man, soos die 1ste 4, betaal nou ook niks.
  • Die 6de betaal nou R2 in plaas van R3 (33% besparing).
  • Die 7de betaal nou R5 in plaas van R7 (28% besparing).
  • Die 8ste betaal nou R9 in plaas van R12 (25% besparing).
  • Die 9de betaal nou R14 in plaas van R18 (22% besparing).
  • Die 10de betaal nou R49 in plaas van R59 (16% besparing).

Elk van die 6 was beter daaraan toe. En die 1ste 4 het voortgegaan om gratis te drink. Maar, toe hulle buite die kroeg kom, begin die manne om hul besparings te vergelyk.

Ek het net R1 uit die R20 besparing gekry, kla die 6de man oor die 10de man, maar hy het R10 gekry!

Ja, dit is waar! roep die 5de man. Ek het ook net R1 gespaar. Dis onregverdig! Hy het 10 keer meer voordeel as ek

Dit is so! skreeu die 7de man. Hoekom moet hy R10 terug kry, en ek net R2? Die rykes wen altyd!

Wag n bietjie! skree die 1ste 4 mans in n koor, ons het niks terug gekry nie! Hierdie nuwe stelsel benadeel die armes!

Die 9 slaan toe die rook uit die10de.

Die volgende aand het die 10de man nie opdaag vir drankies nie.

Die 9 gaan drink toe hul bier sonder hom. Maar, toe dit tyd is om die rekening te betaal, het hulle iets belangrik ontdek.

Hulle het nie genoeg geld tussen almal van hulle om eens die helfte van die rekening te betaal nie!

En dit, broers en susters, joernaliste, vakbonde en ministers, is hoe ons belasting stelsel werk. Die mense wat die hoogste belasting betaal sal natuurlik die meeste voordeel trek uit n belastingverlaging. Belas hulle te swaer, val hulle aan omdat hulle welgesteld is, en hulle daag dalk nie weer op vir drankies nie. Trouens, hulle begin dalk eerder oorsee drink, waar die atmosfeer n bietjie vriendeliker is.

Vir diegene wat verstaan, is geen verduideliking nodig nie.

Vir diegene wat nie verstaan ??nie, is geen verduideliking moontlik nie.

David R. Kamerschen, Ph.D. Professor van Ekonomie.

 

SAPD Moot met pienk onderstreep!

Met goeie idees, baie energie, beplanning en samewerking, kan die GPFs in ons land n ver pad stap om nie net die beeld van die hard werkende manne en vroue van SAPD by die publiek te verbeter nie maar ook om hulle te bemoedig en aan te moedig in hul moeilike taak.

Die GPF Moot het hierdie jaar besluit om die MOOT SAPD te betrek by CANSA se jaarlikse Relay. Aangesien daar duskant 10 000 mense teenwoordig was het ons die geleentheid benut om die GPF en dan ook die Moot Polisie in besonder, se beeld te bevorder.

Ons het n baie suksesvolle dag-en-nag beleef. Sondagoggend met sonsopkoms het ons besef net soos wat daar vir elke Warrior n nuwe lig opkom, het daar ook vir ons Polisie n nuwe tyd aangebreek.

n Tyd om al hierdie lede in blou te eer vir hulle werk onder bitter moeilike omstandighede doen hulle uitstekende werk, om ons as gemeenskap veilig te hou.

Ons salueer julle en bid dat die Here julle elke dag sal bewaar vir ons en julle geliefdes.

 

As almal in Pretoria hul deeltjie bydra... wie wil dan Kaap toe trek?

Ek s altyd, Pretoria kort net n kuslyn dan is dit die beste plek in die wreld om by te woon. Al probleem is, dan gaan al die Kapenaars ook hier wil kom bly. Ek dink ons Afrikaners veral, het die afgelope dekade of wat geleer dat n onbetrokke gevoude-arms-staan-en-kyk-hoe-ander-ons-lot-bepaal-houding, net die mag oorgee aan die wat nie vir ons omgee nie. Ons wil graag hdat al die stem regtiges in Suid-Afrika verantwoordelik moet wees en die regte besluite en aksies uitoefen. Ons vergeet soms dat daardie voorreg en verantwoordelikheid op ons skouers ook rus. Die beste plek om te begin is voor jou eie deur, of sal ek s, jou eie sypaadjie. Ons almal moet parraat wees teen die misdaad en verweer en sluitasie en onbetrokkenheid, wat ons wreld probeer oorneem. Die beste wat jy kan doen is om jou eie sypaadjie te onderhou, te patrolleer, te rapporteer en lewe te spreek.

Read more...

 
More Articles...