Tuis | Nuus | Nuusbrief

OPERASIE SKOONMAAK

Maandag 30 Januarie 09:00, by SAPS Villieria

ALLE GEMEENSKAPSLEDE, ons is dringend opsoek na gemotiveerde, positiewe mense wat lekker kan saamwerk om van OPERASIE SKOONMAAK Maandag 30 Januarie 09:00, by SAPS Villieria n reuse sukses te maak.

Ons het die gemeeskap se hande en voete nodig om SAPS Villieria by te staan met hierdie operasie. Almal gaan help om spruite skoon te maak en sluipslapers ontmoedig om in ons strate te slaap.

Al wat jy nodig het is gemaklike stap skoene en jou bottel water. SAPS gaan vir ons worsbroodjies en koeldrank gee na die optrede, daarom is dit nodig om te laat weet indien u die operasie gaan bywoon.

Stuur n boodskap na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of stuur sms na 0719972071 om u bywoning te bevestig.

Hierdie is die ideale geleentheid om ons SAPS en Sekuriteits lede te leer ken. Kom ons wys ons is n gemeenskap wat kan saamstaan want SAAM MAAK ONS N VERSKIL.

Indien daar sluipslapers is waarvan u SAPS wil in kennis stel, kontak vir Kaptein Coba Brits by SAPS Villieria.

 

2 LEPELS WAAKSAAM + HALF BEKER PARAATHEID

2 lepels waaksaam met omtrent n halwe beker paraatheid daarby dit is hoe jy deesdae jou koffie moet vat in die restaurant. Maak seker jou waardevolle items, soos jou selfoon en handsak, of dalk ander bagasie, is binne jou skootsvak.

Read more...

 

2017 - Voorspoedige Nuwejaar

Vir baie van ons was 2016 n uitdaging, vir party dalk n laat middag stappie deur die park.

Ons kan spekuleer, wonder en hoop vir voorspoed, geluk en vreugde, en wie weet, dalk hou 2017 vir iemand n fortuin in.

Waar jy ook al staan in hierdie vergelyking, 2017 is hier en op ons! MootGi-bestuur wil die hele gemeenskap n voorspoedige 2017 toewens. Mag dit n gesee?nde jaar wees vir ieder en elk.

 
Uiterste droogte die een dag en dan oorvloedige water die ander. Ons weet ook nie al dag hoe ons dit het nie. Hier volg wenke oor wat jy behoort te doen indien n blitsvloed jou in jou motor oorval.

Op 10 November het amptenare van Gauteng gewaarsku teen meer vloede. Hier is n paar wenke oor wat jy kan doen om veilig te bly, as jy gevang in vloedwater.

Vrywaring: Die onderstaande wenke is vanaf deskundiges oor die onderwerp. Alle wenke moet gesien word as advies en is nie bedoel om alle moontlike omstandighede te dek nie.

Vloede kan uiters gevaarlik en dodelik wees, veral vir die bestuurders.

Op Woensdag 9 November, is ten minste vier mense dood toe n blitsvloede dele van Pretoria en Johannesburg getref het.

Die beste manier om te verhoed dat jy vasgevang word in jou motor, is om water oor die pad te vermy:

  • Moet nooit deur n oorstroomde pad of brug ry nie. Retireer en neem n ander roete.
  • Bly op ho grond.
  • Luister na die radio vir weerberigte en neem roetes wat oorstroming vermy.
  • Indien jou motor omring is deur vloedwater, maar nog nie onder water nie:
  • Moenie loop in bewegende water nie, tensy dit uiters vlak is. Net 16cm bewegende water kan jou laat val.
  • As jou motor omring is deur die vlak water en jy is vasgevang in n verkeersknoop as gevolg van dieper water wat voorl, verlaat jou motor dadelik en beweeg onmiddellik na hor grond.
  • Moenie in n motor bly wat kan oorstroom nie.
  • Indien jy gestrand is in n boom of in n gebou bo die vloedwater, wag vir hulp. Moenie die vloedwater binne gaan nie.

Kopsteun

Die kopsteun, of die headrest soos die engelsman sal s ek moet erken, meeste van ons boere ook, is n uiters belangrike veiligheids toestel waarmee alle moderne motors vervaardig word.

Die toestel vermy nie net Repeterende Bestuur Beserings as jy dit reg gebruik nie, dit help teen die sweepslag van jou nek tydens ongelukke, en beskerm die voorste insittendes van n motor, se agterkoppe, teen die impak van agterste passesiers se voorkoppe gedurende n ongeluk.

Shoe! Ek wil nie iemand sonder die outjies in my motor rondry nie!

Die ander kritiese einskap van die kopsteun is, en ook die rede hoekom hulle doelbewus apart gehou word van die sitplek, sodat dit in geval van nood gebruik kan word om die motorruite te breek. Die staanders van die kopsteun word ook doelbewus skerp gehou om te dien as n veiligheidspik binne jou motor.

Die motorruite word ook doelbewus breekbaar gehou sodat dit van binne in die motor gebreek kan word.

Baie min mense is bewus hiervan en kan hulself dus nie red in geval van nood, soos vloede of brand nie.

Deel asseblief met soveel mense en kinders as moontlik om hulle bewus te maak.

 

Droogte-sorg vir jou rose

Die Roos Dokter, of te wel Carl Coetzee, het 36 jaar ondervinding in die kweek en bestuur van rose. Vir 20 jaar was dit sy stokperdjie. Iin di tyd het hy aan talle roosuitstallings deelgeneem en verskeie pryse en trofe verower. Vir die afgelope 16 jaar het hy, Ludwigs Soleil Snyrose, in Pretoria Oos bestuur. Carl en Ludwig Tashner, deel nie net n passie vir rose nie, maar hulle is ook al hegte vriende vir 37 jaar. Carl gee raad oor hoe om jou rose en ander struike te versorg in hierdie huidige droogte.

In hierdie huidige dro tyd, bekommer baie mense hulle nie net oor die skoonveld en setperke (grasperke) in hul voortuine nie, baie is ook besorg oor die lot van die plante in hul tuin en die uitwerking van die verskriklike hitte en droogte op hul harde werk, pamperlang en die finansile en tyd insette.

Of jy nou sentimenteel is oor jou tuin, n fanatikus is, en of jy jou slegs bekommer oor jou tuin weens die invloed wat dit op jou eiendom se waardasie mag h, jy sal baat daarby om kennis te neem van die finansile implikasies in die vorm van boetes om die heersende waterbeperkings te ignoreer. Die hitte en droogte, in kombinasie met aktiewe waterbeperkings in Tshwane en meeste van Gauteng, gaan die uithouvermo van plante tot die uiterste toets.

Deur n klompie basiese dinge te doen, en die raad van jou ouma en oupa te volg, kan jy vr gaan om jou tuin in hierdie uiterste toestande te help. Baie mense is opsoek en gefokus op kitsbevrediging in die lewe, en ook in die tuin. My persoonlike opinie as dit kom by jou tuin is dat ons teveel water en kunsmis vir ons plante gee, en maak op so manier sussies van hulle.

Hier volg n paar wenke om water en kunsmis te spaar:

Die grond

Het jou grond miskien gekompakteer? As jy nie n spitvurk diep in die grond kan druk nie, is dit gekompakteer. Die grond het dan sy vermo om water af te voer na die wortels verloor. Daar is ook nie klein lugholtes of organiese middels in die grond wat die water kan stoor vir die wortels nie. Om dit te oorkom moet jy organiese middels in die grond inwerk, tot die diepte van n spitvurk. Organiese middels wat gebruik kan word is kompos, bas, en grondboontjiedoppe. Spit dit diep in, om die plant maar probeer om die plant nie los te maak nie.

Molom (Mulch)

Dit is n organiese kombers op die grond, wat die grond klam en nat hou. Enige organiese materiaal kan gebruik word by voorbeeld bas, grondboontjiedoppe, stalstrooi, gekapte veldgras, dennenaalde, en nog vele. Dit is nie raadsaam om kompos te gebruik nie, want dit is kos vir die plante, en die wortels sal boontoe groei om die kos te kry, en wanneer die kompos afgebreek het, sal die wortels blootgestel word aan die son. Die Molom moet op die grond geplaas word tot n diepte van 4 tot 5cm. Hou die materiaal weg van die stam van die plant af, want dit kan n swam infeksie veroorsaak.

Dammetjies

Dammetjies om die plant. Dit klink oudmodies, en ek persoonlik hou nie daarvan nie. Maar dit werk! Dit is hoe ons oumas toentertyd die plante aan die groei gehou het op die plase. Onthou om die dammetjie ook met Molom te bedek. Maak n dammetjie om die plant groot genoeg om n 15 tot 20 liter emmer water te kan hou. Vul die dam elke 2de of 3de dag op met water, en so sal jou plante die droogte weerstaan.

Kunsmis

Hoe meer kunsmis jy toedien, hoe meer water moet jy gee. Die kunsmis stimuleer groei, groei verg water om aan die gang te bly. Verleng die tydperk tussen die toedien van kunsmis. Laat jou plant amper in n slaapsiklus gaan, wat beteken dat die plante minder water en kos sal benodig. Maak seker dat jy die kunsmis toedien net voordat jy water gee.

The Rose Doctor | Carl Coetzee | 0832474688 | This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 
More Articles...