Tuis | Nuus | Nuusbrief | 3... per kilometer!

3... per kilometer!

Nee, dit is nie die pertol verbruik van ’n motorkar nie. Dit is hoeveel bybels Hendrik van der Westhuizen graag sal wil los hardloop op 4 Junie, wanneer hy deelneem aan sy 6de Comrades Marathon. Hy mik om R15000 in te samel, wat hom dus 3 bybels p/km sal gee.

Tans beloop die tekort om een bybel te versprei R50-00 per Bybel. Dit beteken in praktyk dat elke Bybel wat deur die Bybelgenootskap versprei word, teen ’n verlies van R50-00 per Bybel versprei word. Hierdie koste sluit produksie, bemarking en verspreiding in. Elke persoon wat bydrae, help dus om seker te maak dat die Bybelgenootskap baie van die verlies kan verwerk en Bybels steeds bekostigbaar beskikbaar kan stel vir verspreiding.