Tuis | Nuus | Nuusbrief | Villieria GPF Ope Vergadering

Villieria GPF Ope Vergadering

Datum: 31 Mei 2017 | Tyd: 19:00 tot 20:00 | Plek: Villieria polisiestasie | wie: almal in Villieria distrik 

U word hiermee uitgenooi om die ope vergadering van die GPF Villieria op 31 Mei 2017 vanaf 19:00 tot 20:00 by te woon. Dit sal in die Villieria Polisiestasies se kamer op die eerste verdieping wees.

Onderwerpe van bespreking sal 2017 tweede kwartaal misdaadtendense, GPF inisiatiewe en projekte insluit asook die verkiesing van ‘n nuwe voorsitter, ‘n visie-sekretaris, ‘n tesourier en ‘n patrollie-koördineerder om in die uitvoerende komitee van die Villieria-GPF te dien.

Dit is ‘n oop vergadering. ALLE lede van die gemeenskap binne die Villieria Polisiedistrict is welkom om die vergadering by te woon. Bring asseblief jou bure en familie saam en kom raak betrokke en vind meer uit oor oor die GPF. Saam kan ons werk om ons gemeenskap veiliger te maak, nie net vir onsself nie, maar ook vir ons geliefdes.