Tuis | Nuus | Nuusbrief | 1 skenking = 3 lewens

1 skenking = 3 lewens

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om bloed te skenk nadat bloedvoorraadvlakke ’n kritieke laagtepunt bereik het. Tans is bloedvoorraad vir Pretoria so laag, dat bloed van ander provinsies gekry moet word om voorraad, wat tans op 1,8 dae staan — moet nasionaal tussen 3,5 en 5 dae wees.

 

Minder as 1% van Suid-Afrikaners is aktiewe bloedskenkers. ’n Eenheid bloed hou slegs 42 dae na donasie en daarom is dit belangrik dat bloedskenkers gereeld moet skenk. Skenkers kan bloed so gereeld as elke agt weke gee.

’n Eenheid bloed kan tot drie lewens red, aangesien bloed in rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies geskei word.

SANBD poog om 3000 eenhede bloed per dag in te samel om ’n veilige en voldoende bloedtoevoer aan die gesondheidsorgstelsel te verseker.

Daar is baie SANBD bloedskenkingsentrums vir die publiek om by te skenk. Om die naaste een te vind, kliek op hierdie kaart. Of jy kan dit oorweeg om jou werkgewer te motiveer om ‘n bloeddryf by jou kantore te hou vir die gerief van alle personeellede.

Oor die algemeen kan jy skenk as jy gesond is en ‘n lae risiko leefstyl lei. “Gesond” beteken dat jy goed voel en normale aktiwiteite kan verrig. As u ’n chroniese toestand het, soos diabetes, beteken “gesond” ook dat u behandel word en die toestand onder beheer is.

’n Riskante leefstyl, soos om seks te hê met mense wat jy nie ken nie of om jouself met dwelms in te spuit, beteken dat jy die risiko loop om transfusie-oordraagbare infeksies soos MIV en Hepatitis B en C op te doen. Ons vertrou op jou eerlikheid en vra dat jy nie skenk as jy ’n riskante lewe lei nie.

Jy moet jou bloed as veilig sien vir transfusie aan pasiënte.

 


 

Het jy geweet?

O-, O+

 

  • Pasiënte met enige bloedtipe kan O-negatiewe bloed ontvang.
  • Tipe O-bloed is nodig en moet beskikbaar wees in voorraad vir pasgebore babas en noodpatiënte.
  • O+ is die bloedtipe wat die meeste voorkom en word in 37% van die bevolking aangetref.
  • O- word in 6% van die bevolking aangetref.

 

A+

 

  • Hierdie bloedtipe kom die tweede meeste voor in die bevolking. Vier en dertig van elke 100 mense het A+.

 

A-, B+, B-

 

  • Minder as 10% van die bevolking het hierdie seldsame bloedsoorte.

 

AB+, A-

 

  • Hierdie bloed tipes is die universele skenkers van bloedplasma. Pasiënte met enige bloedtipe kan hierdie plasma ontvang.
  • Slegs vier persent van die bevolking het AB+.
  • Net een uit elke honderd mense het AB-.

 

 

 


 

 

Moet’s om te kan skenk:

 

  • Om bloed te skenk moet jy ouer as 16 jaar wees,
  • ’n minimum van 50 kg weeg,
  • goeie gesondheid geniet.
  • ’n Gebalanseerde maaltyd te eet minstens vier uur voordat jy skenk
  • jy kan net een keer elke 56 dae kan bloed skenk.