Tuis | Nuus | Nuusbrief | Moot kampioene

Moot kampioene

Met oom Jakkie van der Colff wat as 75 jarige die pap op die pad en sportveld so dik aanmaak, is dit geen wonder dat die jonger manne in die Moot ook opstaan en wys dat die mense uit die deel van die wêreld nie lig op geneem kan word nie. Ons kyk in die artikel na die prestasies van Sydney Gregan en Chris Potgieter.

Hierdie manne is ’n goeie refleksie van mense in die Moot en Pretoria, ons is kompeterend, doelgerig en akuraat met ’n dryf om ons bestemming te bereik. Dit is dan ook waar van Sydney Gregan en Chris Potgieter.

Sydney wat die Suid-Afrikaanse duathlon vir manne bo 50 gewen het vroeër vanjaar, het ook tydens die Afriman Duathlon met dié wedloop se wen-titel vir manne bo 50 weggeharloop.

Chris het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreld Biathle Kampioenskappe.  Die kompetisie is in Viveiro, Spanje, gehou.

Chris het meegeding in die Meesters A-afdeling, ouderdomsgroep 40-50 jaar.

Die wedren is op Sondag 24 September 2017 gehou. Die Suid-Afrikaanse atlete het die volgende resultate behaal:

Rodney Westwood - 3de plek, Cornè Lotz - 5de plek, Chris Potgieter - 10de plek. Die individuele uitslae het vir hulle die silwermedalje in die spankompetisie besorg, met Spanje 1ste, Portugal 3de.

Suid-Afrika was goed verteenwoordig in al die ouderdomsgroepe en het die geleentheid oorheers met gereelde podium uitslae.

Welgedaan manne. Soos Oom Jakkie, is julle ook goeie voorbeelde.