Tuis | Nuus | Nuusbrief | Daar’s ’n gat in die grond...!

Daar’s ’n gat in die grond...!

R3000-00 prysgeld is op die spel, en al wat jy hoef te doen is om ’n boom te plant! Die reëls vir die kompetisie is hier op die MootGi webwerf te vind. ’n Maand na die loods van die kompetisie het die MootGi bestuur nog nie ’n enkele inskrywing gekry nie, wat die teiken van 500 bome in die grond hê, teen einde Okotber, skielik onhaalbaar laat lyk! Dis vir jou eie asem en nakomelinge... Kry ’n boom, sit hom in ’n gat, neem ’n foto en stuur vir MootGi!

Mev Gerda Coetzee met 5 van haar kleinkinders (5 van haar 7 inskrywings). Gunsteling om die prys te wen!

 

Die reaksie op die Boomplantkompetisie was tot dusver nie te waffers nie. Wat natuurlik Gerda Coetzee van Rietfontein, met haar 7-inskrywings, ’n veel grooter kans gee om die alleen wenner van die gawe R3000-00 prysgeld te wees.

Die ouma van 7 kleinkinders het besluit om gesamentlike inskrywings saam met elk van haar kleinkinders te maak en sodoende is sy nie net ’n goeie voorbeeld nie, sy gee so ook ’n nalatingskap wat van onskatbare waarde is. Sy belê in hul toekoms.

Ouma Coetzee het met haar 7 Spekbome, waarskynlik die beste keuse vir haar klein meensthuis-tuin gemaak, nie net vir die groote en vorm waarde wat die pragtige vetplantagtige bome bring nie, maar ook vir die bome se formidabele vermoë om die lug te suiwer. Hierdie inheemse boom is nie net droogteweerstandig nie, die blare is eetbaar en hoog in voedingwaarde. Een hektaar van die boompies kan tot 4 ton CO2 uit die atmosfeer verwyder — 10 keer meer as wat tropiese reênwoud bome kan doen.

Die Spekboom groei en vermeerder ook maklik, aangesien jy dit met steggies kan aanplant (nie vir die MootGi kompetisie nie, sien reëls).

Kontak MootGi se nommer (waarmee jy inskryf) indien jy Spekboomplantjies benodig om te plant. Meeste kwekerye  behoort die bome en plantjies aan te hou.

500 bome voor die einde van Oktober... Ek is seker ons kan dit doen, veral met die gawe prysgeld wat op die spel is.