Tuis | Nuus | Nuusbrief | Moot juweel is eerste prinses!

Moot juweel is eerste prinses!

Dalein Booysen, 1ste PrinssesOns eie Dalein Booysen van Môregloed is aangewys as Mej. Doof Suid-Afrika se Eerste Prinses vir 2017. Baie geluk Dalein! Ons is baie trots op jou, en weet dat jy ons oral en altyd puik sal verteenwoordig. Welgedaan!

“Dit was vir my heerlik om nuwe mense te ontmoet, om mense soos ek te leer ken wat nie bang is vir die lewe nie.

Ek het elke oomblik daarvan geniet! My ma sê sy het nie die persoon geken wat op die verhoog geloop en praat het nie. Ek het baie selfvertroue gekry, nie dat ek nie gehaat het nie .

Dit was ’n groot voorreg om deel te wees van die MDSA groep.” sê Dalein.

As eerste Prinses moet Dalein verskeie funksies bywoon gedurende haar jaar as 1ste Prinses.

Sy sal ook betrokke wees by Fondsinsamelings Projekte vir die volgende skoonheidskompetisie wat aangebied word op die 13de Oktober 2018 by die Atterbury Teater in Pretoria.