Tuis | Nuus | Nuusbrief | Moot water vir die Kaap

Moot water vir die Kaap

Alta De Beer van Waverley Gasteuis het op 30 Janurie hierdie projek geloods. Sy sê dit is die Here se projek, en voorwaar genade en voorsiening uit Sy hand vir die mense in die Kaap Provinsie is beslis nodig. Help as huishouding, individu of besigheid om ons landgenote in die Kaap te help. Raak betrokke!

Die ambisieuse projek is nog net ’n dag aan die gang en Alta De Beer het reeds ’n paar groot rolspelers in lyn gekry.

Tot dusver het Gift Of The Givers trokke om die water mee te vervoer aangebied.

Die DA via Elmarie Linde is ook betrokke en klink of heelwat radio stasie ook in haar visier is.

Die plan

Die plan in kort is om Waverley Gastehuis te gebruik as versamelpunt vir enige persoon, gesin of besigheid wat water wil skenk, om dit daar af te lewer.

Om dan die water d.m.v geskenkte vervoer af te ry Kaap toe.

Om ’n stormloop te verhoed sal die water dan aan die stadsrade van Strand, Gordonsbaai en Somerset-Wes geskenk word.

Reik uit

Daar is nog baie ruimte vir almal om betrokke te raak en uit te ruik.

Iets wat moeilik bekombaar is is tenkwaens wat vervoer natuurlik baie sal vergemaklik.

Met gewone vragtrokke moet die water in houers vervoer word. Dank die Vader vir die trokke wat reeds beskikbaar gestel is.

Petstop SA van die Pavilion sentrum het 1000L water per dag vir die projek aangebied, mits daar houers is om die water in te tap.

Wat my dan bring by ’n lys van benodighede vir die projek. Sien of jy iets kan bydra, iemand ken wat dalk kan help, of dalk het jy ’n bak plan om die water in die Kaap te kry.

Alta sê dat mense nie bang moet wees om by te dra nie. Die mense in die Kaap leef nes ons hier bo. Hulle het ook water nodig om te kook om te eet, om te bad, om skoon te maak, om skool te gaan, om hul brood en botter te verdien... water is lewe en ons het nou water om te gee, so kom ons gee lewe. Dit klink net soos die goeie nuus wat ons Here gebring het, Lewe!