Tuis | Nuus | Nuusbrief | Groot skadu sak

Groot skadu sak

Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van die groot Camerasaurus.  William “Wimpie” Hobbs was nie net fisies ’n groot man nie, dit is ook hoe sy hart was, groot, vriendelik en regverdig. Wimpie is die afgelope naweek oorlede op die ouderdom van 50 aan ’n hartaanval. Wimpie het die afgelope 4 jaar op die MootGi bestuur gedien as direkteur.

 

Wimpie wat as die “Camerasaurus” bekend gestaan het in die film en TV-industrie, het agter die kamera gestaan en was verantwoordelik vir die opname van vele sportkodes, vanaf  rugby, krieket, gholf tot byna elke vorm van motorsport in ons land.

Hy was ook in beheer van die kamera in talle TV-produksies wat onlangse programme soos “OppieStoep” en “Jukebox” op kykNET insluit.

Wimpie het in 1986 aan die Hoërskool Oos-Moot gematrikuleer.

Hy laat sy vrou Delma agter, as ook sy dogter Megan, sy seun DW en sy suster Annemarie.

Wimpie is Vrydag 26 Januarie in Sasolburg begrawe.

As MootGi bestuur wil ons ons innige meegevoel betuig aan sy familie, vriende en kolegas.

Dit is inderdaad ’n hartseer dag en die verlies is groot.

Ons sal jou mis

Rus in vrede ou grote...