Tuis | Nuus | Nuusbrief | Top Matriek in Gauteng!

Top Matriek in Gauteng!

Jacqueline Janse Van Rensburg is die toppresteerder in Gauteng met 9 onderskeidings (97.6%) en toppresteerder in Fisiese Wetenskap in Gauteng  (100%).

 

Sy was ook aangewys as die skool se graad 12 Dux-leerder.

Onderskeidings:

 

  • Rekeningkunde
  • Inligtingstegnologie
  • Afrikaans Huistaal
  • English FAL
  • Lewenswetenskap
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde
  • Fisiese Wetenskap
  • Alpha Wiskunde (3de in die land)

 

As die graad 12 Dux-Leerder van die skool het sy wisseltrofeë vir die beste leerder in al haar skoolvakke ontvang.

Sy was vanaf graad 8 tot 11 die toppresteerder in haar graad en het in graad 12 weereens hierdie posisie behaal met gemiddeld van 96,68%. Sy het die beste in al agt haar eksamenvakke presteer en  onderskeiding vir Alpha Wiskunde behaal.  Sy was ook die skool se Akademiese Hoofdogter.

Jacqueline het vanaf 2015 jaarliks verskeie nasionale en internasionale kompetisies in wetenskap, mikrobiologie en Ingenieurs velde gewen.

Sy is natuurlik ook baie veelsydig en gebalanseerd aangesien sy ook die prys vir die beste letterkundige werk in beide Engels en Afrikaans in haar skool gewen het. Sy is boobop ook ’n ATKV  spel-kampioen, ’n vernuftige lid van die skool se Debatspan en het as ’n selfversekerde presteerder in verskeie leiersposisies gedien. Jacqueline ontspan graag deur te lees, klavier te speel, kreatiewe skryfstukke te skryf en foto’s te neem. Sy beplan om medies by die Universiteit van Pretoria te studeer en eendag baanbrekerswerk in hierdie veld te doen.