Tuis | Nuus | Nuusbrief | Moot matrieks bo!

Moot matrieks bo!

34 Leerders uit 5 skole verwerf 5 onderskeindings en meer.

 

Ons wat woon in die MootGi area het soos ander Suid-Afrikaners ons uitdagings rondom kwessies soos misdaad, dienslewering en kou ook bene in hierdie taai finansiële tyd.

Een ding waarmee ons verseker geseën is, is die kwaliteit van die onderwys in die skole in ons omgewing.

Die 2017 Matriek jaar het uitstekende resultate vir 5 van die Hoërskole in ons omgewing opgelewer met ’n gesamentlike gemiddeld van 98,88% (C.R. Swart uitgesluit).

Behalwe vir die prag prestasies deur Mej. Janse van Rensburg, het talle matrieks in Hoërskole Hendrik Verwoerd; Oos-Moot; John Vorster; Wonderboom en Dirk Postma hulle kant gebring en ons omgewing laat uitblink te midde van troebel uitslae landwyd.

Hoërskool Oos-Moot spog met soveel as 268 A-simbole en gesamentlik spog die 5 skole met 34 leerlinge wat vyf A’s en meer verwerf het.

’n Puik prestasie deur elke kind en skool wat nie net onderskeidings verwerf het nie, maar ook geslaag het. Ons almal in die omgewing is voorwaar trots op julle.