Tuis | Nuus | Nuusbrief | Karstoeltjies kan jou kind se lewe red

Karstoeltjies kan jou kind se lewe red

Vanaf Julie 2015 is dit onwettig om passasiers in n motor te vervoer wat jonger as drie jaar oud is en nie in karstoeltjies vas gegordel is nie. Ongelukkig het min verander in die manier waarop baie mense kinders vervoer, met bestuurders wat die wet steeds verontagsaam.

Mense wat met kinders in hul motor ry wat nie in karstoeltjies gegord is nie, dobbel met die kinders se lewens en moet dadelik di praktyk staak.

Navorsing wreldwyd toon dat kinders wat in motors vervoer word en in karstoeltjies gegordel is karstoeltjies wat behoorlik genstalleer is n baie kleiner kans het om ernstige besering op te doen of selfs te sterf in geval van n motorongeluk. Ten spyte van di statistiek gebruik baie mense nog steeds nie karstoeltjies nie. Verskonings soos: Ek ry net n kort entjie, of Ek gaan oornag ry, so daars minder verkeer, of Ek kan dit nie bekostig nie. is nie aanvaarbaar nie. Om die waarheid te s, daar is geen goeie verskoning nie, as jy petrol kan bekostig kan jy n karstoeltjie bekostig.

Volgens Mandy Lee Miller van #CARSEATFULLSTOP, is om nie in staat te wees om karstoeltjies te bekostig nie, geen verskoning om kinders se lewens in gevaar te stel nie!

Miller wat die veldtog begin het, s Op die oomblik van impak, wanneer jy n ander motor tref of n ander motor jou motor tref, of jou remme vaal, of die ander bestuurder dronk is, of sy aandag afgelei is, op drdie oomblik, is jou splinternuwe baba, daardie sagte bondeltjie wat n perfekte 3,2kg weeg wanneer jy die hospitaal verlaat, of jou pragtige begeesterde 4-jarige kleuter wat 20kg weeg en nie in n kinderstoel of babastoel gegordel is nie in gedrang. As jy teen n spoed van 60 km/h huis toe ry vanaf die hospitaal of 100 km/h op die snelweg, verhoog jou kind se gewig eksponensiel. Teen daardie spoed in daardie oomblik weeg jou pasgebore baba 192kg. Jou klein 4-jarige weeg 2000kg in daardie oomblik. Dit is fisies onmoontlik om teen daardie spoed jou kind in jou arms vas te hou. Jy kan nie! Dit is nie eens vaagweg moontlik nie.

Volgens Miller kan jy jou kind net so wel op jou motor se dak vastrek met n tou as jy hulle op jou skoot vashou, of jou 3-jarige op die motorsitplek soos n volwassene vasmaak. Haar standpunt is dat jy eers die karstoeltjie koop voor jy al jou geld op die babakamer of klere spandeer. In Brittanje en die VSA is dit onwettig om jou baba in jou motor huistoe te neem as die dingetjie nie in n karstoeltjie is nie.

Navorsing toon ook dat 3 uit elke 4 kinders in gedrang is as gevolg van die verkeerde gebruik van karstoeltjies. Volg jou motorhandleiding en die stoel se handleiding of instruksies om korrekte installasie te verseker. Verseker ook dat stoeltjies reg gestel is vir die kind se grote en moenie dat die kind in n stoele sit wat te groot of te klein is nie. Hoe Instruksies moet ook gevolg word vir hoe die kind in die stoel moet sit om besering te vermy.

Tans dra minder as 60% van motoriste in Suid-Afrika sitplekgordels, wat beteken dat talle lewens verlore gaan, gemeenskappe nadelig benvloed word deur die verlies van mense uit hul geledere en gesinne word op so manier op gebreek, om nie eers te praat van die effek en spanning wat die verlies van n kind op n huwelik plaas nie.


  • Hou jou kind altyd in n karstoeltjie wanneer jy enige plek heen ry. Die meeste botsings vind plaas net om die draai.
  • Voertuie is nie kinder vriendelike sones nie, jy moet dit met karstoeltjie en booster-stoeltjies veilig maak.
  • Hou jou kind so lank as moontlik in die regte sitplek, maar nie langer nie. Dit is ook gevaarlik om jou kind in n motorsitplek te hou wat hulle ontgroei het.
  • n Kind ontgroei hul motorsitplek wanneer hulle die boonste gewigsgrens van die sitplek bereik het, of hul skouer is hor as die hoogste gordelgat van die sitplek.
  • Harnas gordels moet nie gedraai wees nie.
  • Trek die harnas knus. Jy moet jou hand tussen jou kind se maag en die gespe kan in kry.
  • Die skouerbande van die harnas moet nooit oor of onder die skouer gaan nie. Op skouerhoogte of effens bokant die skouer is goed.
  • Karstoeltjies moet met n 3-punt-gordel genstalleer word, tensy hulle spesiaal ontwerp is vir IsofiX of n LATCH installasie.
  • Maak seker jou sitplek het goeie kant impak beskerming om jou kind se kop en nek te beskerm.
  • Kinders onder die ouderdom van 13 moet in die agterste sitplek ry.
  • Die veiligste sitplek in n motor is agter in die middel.
  • Moet nooit n karstoeltjie installeer waar daar lugsakke is nie. Lugsakke ontplooi teen 350km/h en kan jou kind ernstig beseer en selfs laat sterf.
  • Installeer altyd jou karstoeltjie volgens die aanwysings in die handleiding.