Tuis | Nuus | Nuusbrief | Gord op en Groei op

Gord op en Groei op

Te veel Moot kindertjies staan tussen die voorste sitplekke, of sit los op die agter sitplek, nog erger, sit op die passasier se skoot. MootGi wil dit moontlik maak vir almal wat kinders in ons area vervoer om hulle volgens wet en veilig van punt-A tot punt-B te kry. Sodat ons kan sien hoe ons kinders groot word en nie statistieke word nie. Dus gord op en groei op... MootGi wil dan die Gord op en Groei op projek loods.

Met di projek beoog MootGi om n versamelpunt te wees vir karstoeltjies en booster-stoeltjies wat mense oortollig vind en van ontslae wil raak. Kontak dus MootGi indien jy van jou ongebruikte karstoeltjies wil skenk. Gemeenskapslede wat dan nie karstoeltjies kan bekostig nie kan dan ook MootGi kontak om te hoor of daar stoeltjies wat padwaardig is beskikbaar is vir hulle gratis gebruik.

Daagliks sien ek talle motors in ons omgewing waarin kinders vervoer word wat los op die agtersitplek ry, tussen die sitplekke staan of sommer op die passasier se skoot sit. Dit is lewens gevaarlik!

Staak dit en kontak MootGi indien jy nie n karstoeltjie of booster-stoel kan bekostig nie, en as jy dit wel kan bybring, gaan koop so gou moontlik een om seker te maak dat jy jou kind sien grootword.

MootGi sal slegs padwaardige karstoeltjies as skenkings van die publiek ontvang en geen betaling vir die stoeltjies aanbied nie. Op die wyse kan ons skenkers se woord neem oor die geskiedenis van die stoel of dit in n ongeluk was dan nie. Baie mense sal nie graag die geskiedenis wil bekend maak as dit die prys van die stoel kan benvloed nie. Ons kan skenkers dus op hul woord neem en bruikbare stoeltjies beskikbaar stel.

Saai dus jou karstoeltjies of booster-stoele en maak dit moontlik vir die wat dit nie kan by bring nie, om hul kinders wettiglik en veilig te vervoer.


Kliek hier om die regte stoeltjie vir jou kinders te kies

Sit jou kind se ouderdom, gewig en lente in die vorm en druk die knop om te sien wat gepas is.


Tweedehandse karstoeltjies

Gebruikte karstoeltjies is te koop op die internet, en daar is organisasies wat dit aan mense bied wat nie nuwe karstoeltjies kan bekostig nie.

Tweedehandse karstoeltjies is egter nie veilig indien hulle hul vervaldatum bereik het weens die degenerasie van die materiale waarvan die stoele gemaak word nie.

Die vervaldatum is gewoonlik iewers op die stoel gedruk vir kennisname. Kenners beraam die leeftyd van die stoele op 6 jaar en as daar slegs n vervaardigingsdatum gedruk is, kan 6 jaar bygereken word om die vervaldatum te bepaal.

Soos motorfietsvalhelms moet karstoeltjies direk na ongelukke vervang word aangesien die harnas, gespes of die struktuur van die stoel tydens die ongeluk beskadig of verswak kan wees. Selfs onsigbare skade kan jou kind se lewe kos.