Tuis | Nuus | Nuusbrief | Water en Ligte Rekening Kalender — Januarie tot Desember

Water en Ligte Rekening Kalender — Januarie tot Desember

Ek het deur 2017 gebruik gemaak van die e-pos diens wat die Tshwane Metro bied om te verseker dat die eintlike lesings en nie die geskatte waardes gebruik word om water en ligte rekeninge te bereken nie. 

Ek het op Tshwane se Facebook blad gesien dat baie mense kla dat die diens nie goed werk nie. Baie was van mening dat  ten spyte van hul moeite om die eintlike waardes in te stuur, hulle op die ou end net geskatte waardes op hul rekeninge gekry het.

Ervaring

My persoonlike ervaring van die diens is dat gedurende die hele 2017 het ek elke keer wat ek my eie lesings in gestuur het goeie diens gekry. My rekeninge het dus elke keer die waardes wat ek ge-epos het  gereflekteer.

Google kalender

Ek het die datums op die tabel vir die area waarin ek woon op my Google kalender gesit met herinnerings, een en twee dae voor die datum. Ek het ook ’n herinnering op die dag, 9-uur die oggend in die kalender gelaai.

Die grootste uitdaging wat ek met dié diens ervaar het is dat ek een of 2 keer besig geraak het deur my oggend en ten spyte van my intensie om die lesing te neem het ek vergeet.

Een of twee keer het ek die lesing na 14:00 op dié dag ingestuur en daardie lesings was waarskynlik te laat aangesien my rekening dan geskatte waardes gereflekteer het.

Neem foto’s

Ek neem op die oggend van die dag — soos op die kalender (tabel) gepubliseer — ’n foto van die twee meters met my selfoon en stuur dan die epos van my foon af aan

Die epos

Epos Tshwane met die foto’s aangeheg. Die epos adres om te gebruik is:

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Ek het elke keer ’n epos ontvang wat ontvangs van die lesings deur Tshwane bevestig.

Hoe om die tabel te lees

Die eerste kolom op die tabel met die opskrif van “PARCEL” verwys na die area waarin jy woon, en korrespondeer met die ry datums wat gebruik moet word om jou lesings aan Tshwane te epos.

Op jou rekeningstaat

Kliek op die rekeningstaat regs bo in die hoek van die blad om hom te vergroot.

Die data met rooi omkring verwys na jou area en dan ook die ry wat jy moet gebruik om te bepaal op watter datum van die maand jy jou lesings moet instuur.

In die voorbeeld is dit P16, so ek sal dan van ry 16 se datums gebruik maak om my lesings betyds in te stuur. Probeer om dit voor 14:00 in die middag te doen om teleurstelling te vermy. Ek hoop u het sukses met die diens.