Tuis | Nuus | Nuusbrief | Ridder red bye!

Ridder red bye!

n Lepel vol suiker help nie net om slegte medisyne makliker te sluk nie, maar ook om tam heuningbye te vervris sodat hulle weer by hul korf kan uitkom. Die Ridder, Sir David Attenborough wat die pragtige dokumentr, Blue Planet II, aanbied, het onlangs op sy Facebook-blad die raad gegee om nie net die heuningby se voortbestaan te verseker nie maar ook myne en joune...

Dit was eers toe ek verder lees oor die toestand van bye se getalle dat ek die impak besef. By-populasies wreldwyd het die afgelope 5 jaar met sowat 30% verminder! Deskundiges reken dat die mens as n spesie slegs 4-jaar nadat bye uitgesterf het, die selfde lot te wagte kan wees...

Terwyl Duitsland gratis publieke vervoer beplan om besoedeling te beveg 75% van alle vliende insekte het in di land het reeds verdwyn! In die lig hiervan is dit n verligting dat ons n heelwat kleiner bydra hoef te maak om die oorlewing van n spesies, wat verantwoordelik is vir die bestuiwing van n ? van alle kossoorte op die planeet, te verseker.

Die verskynsel wat deskundiges, Kolonie Ineenstorting Wanorde noem word toegeskryf aan verskeie faktore soos parasiete, patogene, plaagdoders, swak voeding en habitatverlies om n klompie te noem. Werkerbye verdwaal en kom nie weer by die korf uit nie en so sterf die koninging, eiers en larwes sonder versorging.

Ek tref self al hoe meer enkel bye in die huis aan wat moeg of selfs dood voorkom, voor vandag het ek hulle plat getrap... 30 minute terug het my kinders my geroep om n tam bytjie wat op die grond rondloop waar hulle met kaal voete speel, dood te maak. Wonderlike geleentheid om hulle en die maats wat kuier te leer hoe om met iets kleins n verskil te maak. Hulle het dadelik die lepel suikerwater soos per Sir David se aanwysings vir die by aangebied, ek kon sien hoe die by hidreer, 5 minute later het hy weg gevlieg.