Tuis | Projekte | Patrollies

Patrollies

Hierdie diens word deur die inwoners self vanuit die BMW-area verrig, deurdat die area gepatrolleer word en uitgekyk word vir verdagte persone en voertuie.

Die patrolleerders konfronteer nie verdagtes nie, maar gebruik hul teenwoordigheid om voornemende misdadigers af te skrik. Die patrollie voertuie kan gemerk word met magneet naamborde asook ’n groen flitsende lig om sigbaarheid verder te verhoog. Patrollies word deur lede met hul eie voertuie gedoen.

'n Goeie aantal vrywilligers patrolleer reeds die area. Die patrollie las rus op hierdie vrywilligers en die aantal patrollies wat gery word is onderhewig aan die beskikbaarheid van patrolleerders.