Tuis | Projekte | Patrollies | Prosedures

Patrollie Rooster

Standaard patrollie prosedures

Toerusting: Trek die volgende toerusting by TOTAL CODONIA voor jy begin ry
1 Radio
2 Magneetplakkers
3 Groen lig
4 Kollig
5 Rybewys
6 Identifikasie

 

Prosedures
1 Voltooi die vrywaringsvorm voor enige diens deur jouself of ander in jou voertuig voorsien word. Los dit asseblief in die dienskas.
2 Alle diensbeurte of patrollies verwissel en begin by Total Codonialaan.
3 Alle toerusting verwissel of roteer tussen diensbeurte/patrollies by Total Codonialaan - of u gebruik maak daarvan of nie.
4 Maak seker die radio is op kanaal 1- sodat jy die inligting wat dringend is dadelik kan ontvang en degree.
5 Vergewis jou met die verskillende areas se kanale - om hulle in te lig indien betreders/oortreders uitmekaar sou spat en van area verwissel.
6 Verwittig die Beheerkamer onmiddelik en teken aan met soveel moontlike inligting oor voorvalle of verdagtes.
7 Teken toerusting terug in die voorvalle boek.
8 Skryf voorvalle in voorvalleboek - hoe gering ookal - skryf asb netjies.
9 Skryf neer watter hekke jy toegemaak het, karre laat intrek het en watter straatligte jy rapporteer het ensomeer.
10 Indien jy nie jou eie radio het nie en een by TOTAL CODONIA getrek het, maak seker dat jy dit terugplaas in die kas indien jy die laaste skof ry. Is die radio af?

 

Funksies
1 Verwittig inwoners van oop hekke of garagedeure ens.
2 GEVAARLIKE SITUASIES: Rapporteer onmiddelik en wag vir bystand en SAPD op 'n veilige afstand.
3 KARRE OP SYPAADJIE: Klop mense op en vra om in te trek.
4 VERDAGTE VOERTUIE: Rapporteer aan Beheer. BLY op afstand en monitor voertuig.
5 Kry soveel as moontlik inligting: reg nr; model; Kleur ens - Moet nie mense konfronteer nie.
6 DRONKIES OP STRAAT: Rapporteer. Beheer kry SAPD uit.
7 DRONK BESTUURDER: Rapporteer. Vergesel persoon huistoe indien moontlik.
8 ONTHOU ONS LEWER 'n DIENS. Hoe beter ons diens hoe meer mense sal betrokke raak en aansluit.

 

Vereistes
1 Die Patrollie Voorvalleboek moet noukeurig ingevul word om te verseker dat volgende patrollies deeglik ingelig is oor die dag/nag se voorvalle in die gebied.
2 GEEN ALKOHOL gebruik binne 8 ure voor of tydens patrollie diens nie.
3 Bly sover moontlik - te alle tye - binne u voertuig.
4 Bly binne die wet. Wat ook beteken STOP BY STOPSTRATE.
5 Moenie huise of eiendom betree sonder toestemming of nood nie.
6 Roep vir bystand. Patrollies is slegs observeerders - MOENIE BRAAF of DWAAS WEES NIE!
7 Verseker dat u rybewys en identifikasie by u is tydens patrolliediens.
8 Motiveer ander om ook te patrolleer.

 

Dinge om in gedagte te hou
1 Area wat gepatroleer word is Bergtuin, Waverley en M?regloed
2 Onthou veiligheid kom altyd eerste.
3 Ry stadig, wees sigbaar en/of onsigbaar
4 Ry onvoorspelbaar met geen vaste patroon nie.
5 Luister na die honde - waar hulle blaf is sekerlik iets aan die gang.
6 Probeer met elke patrollie 'n nuwe persoon saam neem op patrollie.
7 Onthou u is 'n ambassadeur vir almal in BMWCID area. Ons gooi nie naam weg nie.
8 Probeer asb so spoedig moontlik u eie radios aanskaf.
9 Probeer 'n goeie flits of kollig byderhand te hou.
10 Die gebruik van Groen ligte en magneetplakkers is opsioneel maar word aanbeveel.
11 Onthou dat u toegewydheid sal oorspoel na ander toe en sodoende kan u en u familie veiliger slaap.